Tuisblad
Die regsargument
VVK: Die agtergrond
Registrasie-prosedure
Sentrale Komitee
Finansies
Dokumente
Vrae & Antwoorde
VVK uit Geloofsperspektief
Plakboek
Media-verklarings
Nuusbriewe
Volksraad
VVK Gebeure
Kontak


Beste Volksgenoot

Hartlik welkom by die webwerf van die Volksraad Verkiesing Kommissie. As jy vreemde heerskappy verwerp en staan op jou internasionaal-erkende reg van demokratiese volksregering, is dit JOU Kommissie ook. Ons volk staar sekerlik die grootste bedreiging van sy bestaan in die gesig. Maar dit was altyd juis tye soos hierdie, wat tot ons grootste ure met ons Skepper gelei het – laat ons dodelike bedreigings dus ook hierdie keer ‘n smeltkroes word wat ons veredel op die weg na vryheid.


Daar was die afgelope jare vele planne van vele organisasies en individue wat telkens voorgegee het om Die Plan te wees wat na vryheid sou lei. So ‘n Plan was daar nog nooit, en die Kommissie wil ook nie voorgee dat daar so Plan bestaan nie. Vryheid hang nie af van Die Plan nie – vryheid is die uiteinde van ‘n reis. ‘n Onbekende reis. Maar een wat ons moet onderneem ter wille van die oorlewing van ons en ons nageslag en ons wese as volk. Maak op hierdie webtuiste kennis met die beginsels waarop ons hierdie reis onderneem. En mag jy met ons saamreis.

Klik hier om die kandidate te ontmoet.

Om die nuusinsetsel oor Die VVK op SABC2 te kyk, klik hier.

 
Top