Alta
Smuts is ‘n gebore Pretorianer en beleef haar kinderjare
op ‘n plaas in die Springbokvlakte. Sy het onderwys studeer aan die
Potchefstroomse Onderwys Kollege; daarna skoolgehou asook rekeningkundige
poste beklee. Sy het ‘n lang verbintenis met volksgerigte politieke
aksies. Sy besoek graag die teater en woon in Pretoria.