Vrydag, 27 Februarie 2009. Majubadag. Vir ons by die VVK is
Majuba-naweek van verdere besondere belang sedert die eerste vyftig
volksgenote hierdie tyd verlede jaar by Majuba, die vryheidsberg,
geregistreer het op ons volk se eie kieserslys.
Ons kan net met groot dankbaarheid terugkyk oor die jaar wat verby is
sedert Majuba-naweek 2008; ‘n jaar wat vir die VVK in alle opsigte
gesëend verloop het.
Tydens die herdenking op Majuba van 27 tot 28 Februarie 2009 was dit
weereens die geval. Die reënweer het geen demper op ons verrigtinge
geplaas nie… en die welwillendheid, goeie wense en samewerking wat
weereens deur volksgenote teenoor die VVK betuig is, vorm die brandstof
om met harde werk vol te hou. (Kyk gerus hieronder na die mooi foto’s
wat Nicolene vanjaar op Majuba geneem het).
Ons is ook besonder dankbaar teenoor diegene wat finansiële steun
verleen het. Afgesien van ‘n klomp nuwe kieser-registrasies, is 14 nuwe
Registrasie Beamptes by Majuba aangestel in ses nuwe distrikte:
Brakpan, Newcastle, Amersfoort, Standerton, Heidelberg en die
Puk-kampus. Kyk op die “Registrasie Prosedure” bladsy van hierdie
webwerf vir die opgedateerde lys van Registrasie Beamptes. Sterkte aan
al die nuwe hande wat die wa help trek!
Groetnis van huis tot huis tot volgende week.
2 Maart 2009