Tuisblad
Die regsargument
VVK: Die agtergrond
Registrasie-prosedure
Sentrale Komitee
Vrae & Antwoorde
Finansies
Dokumente
VVK uit Geloofsperspektief
Te Koop
Plakboek
VVK Video
TV- Onderhoude
Brief aan Beeld
Geloftefees-rede - Paardekraal
Vergadering met die ANC
Brief aan Rapport
VVK Gebeure
Volksraad
Nuusbriewe
Media-verklarings
Kontak


Met aanleiding tot die Beeld debat ten opsigte van die Volkstaat gedagte is die volgende brief deur die VVK aan die redakteur gestuur:

PLAKKERKAMP… OF PARADYS VAN RUS?

- Paul Kruger

Ferdi Greyling se artikel “Volkstaat – plakkerkamp” (Beeld 19 Januarie) herinner ironies aan een van die 1980’s se argumente ten gunste van Swart “bevryding”. Mens kon aanhou wys op Swart-gerigde ontwikkelingswerk en die miljarde wat dit Blanke belastingbetalers gekos het – die argument was eenvoudig: “Wie is ONS om vir HULLE te besluit wat hulle wil hê of “goed” is vir hulle?”

Vraag is net: wat het NOU van daardie argument geword? Spekuleer uit die stank van die Ruwe Suid-Afrika dat ‘n volkstaat ‘n plakkerkamp sal wees. En bly hier. Maar wie is JY om vir ander daaroor te besluit? En Ferdi, los maar die oer-oue leuenpropaganda. Volkstate word nie alewig in “geweld en vernietiging” gebore nie – nie Swede (‘n eeue-oue volkstaat) of Tjseggië (‘n relatief nuwe een) nie…en dis net twee uit honderde ander voorbeelde.

Dit hoef gelukkig ook nie jou probleem te wees waar werk, huise of kos vandaan gaan kom nie (in Reënboog-S.A., waar ‘n paar duisend boere reeds 45 000 000 voed, is dit net so ‘n probleem).

Selfbeskikking is ‘n hoeksteen van die Internasionale Reg en dis vervat in ‘n afdwingbare Resolusie van die Verenigde Nasies. Maar dit moet opgeëis en beding word deur verkose leiers met ‘n mandaat daarvoor. Die Volksraad Verkiesing Kommissie fasiliteer tans ‘n volksverkiesing wat sulke leiers gaan identifiseer (www.vvk.co.za) en, vir een keer, sal gewone mense kans kry om ‘n meerderheidsbesluit te neem waar ons staat moet wees.

Waar dit ook al mag wees…ek bly eerder daar as in Suid-Afrika, die patetiese land van afgode.

 
Top