OPE BRIEF AAN DIE “HOOF
UITVOERENDE BEAMPTE” VAN DIE VOORTREKKERMONUMENT EN DIE
ERFENISSTIGTING, G.N. (GERT) OPPERMAN.
Meneer Opperman,
Haatspraak en laster teen
my volk deur die buitewêreld, deur Swartes en ook deur sommige
Afrikaanssprekendes is niks nuuts nie – dit gebeur eeue reeds. Tot
in 1994 was die hoofdoelwit daarmee gewees om my volk só veragtelik
te skilder, dat een en almal kon glo ons behoort oor geen duim grond
te regeer nie – ook nie oor onsself nie.
Daardie doelwit is op 27
April 1994 bereik, toe ons letterlik oornag slawe in ons eie
vaderland geword het en elke greintjie seggenskap oor onsself kwyt
is – suiwer en alleen omdat ons te min kinders baar om
hoegenaamd sinvol aan veelrassige verkiesings te kan deelneem. Ons
dra mos nie by tot die oorbevolking van Planeet Aarde nie, maar word
terselfdertyd gedwing om in een Staat saam te woon met volksvreemdes
wat onbeheers aanteel; sonder om verantwoordelikheid te aanvaar vir
die versorging van ‘n krioelende massa kleintjies. Dan word daardie
getalle nog aangevul met miljoene wat vanuit hulle Swart paradyse
elders in Afrika steeds elke dag hierheen vlug, na die laaste
krummels van die Eerste Wêreld-staat wat Apartheid Suid-Afrika eens
was.
En in die hordes
krotbuurte - gevul met werkloses en leeglêers en die opbrengs van
elke dag en nag se rooftogte - kan die Swart massas wat mekaar se
moordluste oorleef, elke 5 jaar weer “demokratiese”
verkiesingskruisies trek wat die ANC in staat stel om my en my volk
vir die volgende 5 jaar wéér te vertrap.
DIT is die ABSURDHEID
van die huidige sogenaamde “DEMOKRASIE”. Feit is: Haatspraak is
nou nie meer nodig om ons van selfregering te stroop nie. Haatspraak
teen ons se funksie deesdae is aanstigting tot
vergrype en misdaad teen my volk … onder andere, aanstigting tot
moord.
Want soos Dingaan
destyds, skreeu Malema - Jeugleier van die regerende Party - dat die
Boere doodgemaak moet word … en die res van die Regering staan
bankvas agter hom! Dit beteken niks anders nie as ‘n
staats-goedgekeurde voortsetting van Swartes se volksmoord wat teen
die Boere-Afrikaner in swang is, nie net op plase nie maar méér nog
in dorpe en stede – moorde wat reeds meer slagoffers geëis
het as Britse konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog! ‘n
Moord-orgie wat voortwoed veral sedert 1990, toe die Swartes tot
hulle eie verstomming begin besef het dat my volk se sogenaamde
“leiers” ‘n spul patetiese, lafhartige rugstekers is; al te
gereed om die belange van hulle volgelinge te offer solank daar darem
op ‘n manier na hulle persoonlike belange omgesien word.
Ja, toe die sogenaamde
“herders” hulle kleure gewys het, was my volk gereed om soos
skape geslag te word – petisielysies en gepleit en gesmeek by die
Regering ten spyt!
En toe, as sinnebeeld van
‘n nuwe geslag leiers wat hierdie volk besig is om op te lewer,
daag die President van die Verkennersbeweging, Mnr. Ben Geldenhuys,
vir Malema uit om die weerloses met rus te laat en eerder ‘n
Boere-Afrikanerman in die fleur van sy lewe by Fort Schanskop op 19
Maart 2010 te ontmoet … as hý wat Malema is dan ‘n Boer wil
vermoor. Ja, skielik het Malema en die wêreld gesien dat daar ook in
hierdie dag en tyd steeds MANNE is in hierdie volk; manne wat, soos
‘n Jopie Fourie destyds, bereid is om self die dood in die oë te
kyk as dit gaan om die vrye voortbestaan en die erfenis van
die Boer.
Juis op die
“Erfenis-terrein”, soos julle die Voortrekkermonument en Fort
Schanskop-gronde noem, wou Ben Geldenhuys vir Malema inwag … die
terrein waaroor jy, Meneer Opperman, as besluitnemer optree. (Die
“Erfenis” in julle naam, vermoed ‘n mens, verwys na die erfenis
van die Boere wat op hulle Oosgrens-plase uitgemoor was; na die
erfenis van die oorlewendes wat in die 1830’s met hulle
waens uit die Britse Kaapkolonie weg is ter wille van vrye
voortbestaan; hulle wie se nasate vandag weer op plase en in stede
uitgeroei word? Dan het Ben Geldenhuys mos ‘n uiters gepasde plek
vir sy uitdaging aan Malema uitgekies!)
As jy, Generaal
Opperman, op 19 Maart 2010 die Erfenisterrein vir toeriste en
nuuskieriges gesluit het en saam met Ben Geldenhuys en ons ander
Verkenners vir Malema gewag het, sou jy agting gewek het onder
hierdie volk wat so smag na leiers wat - soos ‘n Generaal De
la Rey - die vyand in die voorste linies in die oë kan kyk. Maar toe
kasty jy vir Ben Geldenhuys in ‘n brief oor sy sogenaamde
“eiegeregtige optrede” en verbied hom toegang tot die volk
se “Erfenis”-terrein.
(Hoe ironies tog dat die
Voortrekkermonument, waar jy vandag besluite neem, opgerig is juis
tot gedagtenis van mense wat jare lank as “eiegeregtige onderdane”
beskou is deur die Britse Regering, voordat ons onafhanklikheid eers
in 1852 met die Sandrivier Konvensie erken is). Jy sien, Meneer
Opperman, daar is meer as een soort eiegeregtigheid.
Mens kry byvoorbeeld
eiegeregtigheid waardeur ‘n publiek wat in jou glo, bedrieg en in
die rug gesteek word terwyl jyself agterna in veiligheid en
vettigheid verskans is. Soos die tipe eiegeregtigheid waarmee daar op
27 April 1994 ‘n veelrassige, onwenbare verkiesing op ons afgedwing
is; gevolg deur ‘n Swart Bewind met ‘n onverbloemde haat vir my
volk en kultuur…en dit terwyl daardie noodlotsverkiesing ONWETTIG
was omdat dit plaasgevind het ingevolge ‘n Kieswet wat aangeneem
was toe Wet 110 van 1983 - die destydse Grondwet van die Republiek
van Suid-Afrika en “hoogste Reg” van die land – steeds gegeld
het. Artikel 52 van daardie Grondwet het bepaal dat slegs ‘n
Blanke, Kleurling of Indiër stemreg kon hê. Dat daardie stuk
verfoeilike eiegeregtigheid vir Swartes hulle sogenaamde “freedom”
beteken het, is nie vir my ‘n probleem nie. Ek wil nie in een Staat
met volksvreemdes woon OF OOR HULLE REGEER NIE – die probleem met
1994 se verfoeilike eiegeregtigheid, is dat dit my volk se
internasionaal-erkende reg op selfbeskikking vertrap het.
Dan is daar die tipe van
eiegeregtigheid as gevolg waarvan ondernemings - met my verarmde
volkie se sikspense opgebou tot waardes van miljarde Rande - vandag
aan vreemdes behoort (of altans, wat daarvan oorgebly het) – die
EVKOMS, YSKORS, die SASOLS van die lewe; Pos- en Telekommunikasie
instellings, Spoorweë en Hawens, finansiële instellings soos
Volkskas en SANLAM … te veel om op te noem. Ook dít is verfoeilike
eiegeregtigheid.
Of die tipe van
eiegeregtigheid waarmee jy, Meneer Opperman, nogal op die
Voortrekkermonument se briefhoof adverteer hoe julle “ondersteun”
word uit die opbrengs van Suid-Afrika se dobbelary-afgod, die
“National Lottery Distribution Trust Fund”. Het jy en jou
Direkteure ooit aan die Voortrekker-nasate (dus aan ons, die volk)
inspraak gegee in die siek besluit om sulke afgodsgeld te aanvaar?
Praat van eiegeregtigheid! Wat sou ‘n Hendrik Potgieter, ‘n
Andries Pretorius, ‘n Sarel Celliers daaroor te sê gehad het?
Jou verweer hierop sal
seker wees om die volk te beskuldig dat hulle self te laks is om
genoeg geld te stort en jy sodoende kastig verplig is om afgodsgeld
te aanvaar ter wille van die Monument en “Erfenis”-terrein se
instandhouding. Ja, ek kan glo dis nie maklik om miljoene uit die
volk te melk nie – verreweg die meeste van hulle is reeds leeg
gemelk ter wille van vreemdes! Maar hoekom weet ek van geen byeenkoms
wat jy onder die oorblywende welvarendes saamgeroep het om uit te
vind of daar nie ‘n ander plan te maak is nie?
En as dit werklik nie sou
slaag nie (wat ek sterk betwyfel): Sou ‘n verweerde
Voortrekkermonument, maar sonder om die God van Bloedrivier verder te
vertoorn, nie verkieslik wees bó prag en praal en foutlose
fasiliteite nie? Ten minste sou ‘n verweerde Voortrekkermonument
die klippe dan kon wees wat saam uitroep - saam ween oor my volk se
derduisende wat, net soos by Bloukrans en Weenen in 1838, nog steeds
elke dag en nag onverwags deur oormagte oorval en barbaars vermoor
word; oor ‘n werklose jeug en werklose gesinshoofde - werkloos
omdat hulle Blank is, moedverlore omdat hulle werkloos is; oor ouers
van kinders wat naak en honger is; oor ons dogters wat slawe vir
Nigeriese seks- en dwelmkartelle is; oor Boere-dogters en bejaarde
vroue wat hulleself nie vrywillig aanbied nie en dan deur
barbare-bendes verkrag word; oor “Christen-geestelikes” wat die
verbreking van die dogter van my volk wil genees deur te verklaar
“Vrede! Vrede!” terwyl daar GEEN VREDE IS NIE; oor selfs kerke
talle Godsgebooie wat ons Voortrekkers nog eerbiedig het, nou afmaak
en minag as “outyds”; oor ons kinders wat Goddeloosheid in
staatskole se leerplanne gevoer word en selfs ‘n afgodslied daar
moet sing as sogenaamde “volkslied”! (Of dink jy miskien die ANC
verwys na God die Vader, Seun en Heilige Gees - die God van
Bloedrivier – in hulle “Nkosi Sikelel’ Afrika”?)
Ja, ek en my volk is tot
die droesem toe moeg, sat van al sulke selfgesentreerde,
rugsteker-“eiegeregtigheid”. Maar die “eiegeregtigheid” van
Graaff-Reinet en Swellendam in 1795; die “eiegeregtigheid” van
die Slachtersnek-martelare; die “eiegeregtigheid” van die
Emigrante-Boeren; die “eiegeregtigheid” van die burgers
wat Majoeba-kruin gestorm het; die “eiegeregtigheid” van die
Kaapse Rebelle in die Tweede Vryheidsoorlog en die Rebelle van 1914;
die “eiegeregtigheid” van die Ossewa-Brandwag; “eiegeregtigheid”
die afgelope 40 jaar en meer van beswadderde “Regses” soos Ben
Geldenhuys – danksy daardie tipe “EIEGEREGTIGES”, wat elke
generasie nog opgelewer het TOT DIENS AAN MY VOLK, is hierdie volk
nog nie uitgedoof nie. Want geregtigheid was my volk nog nooit
deur andere gegun nie – en alte dikwels het ons eie vlees en bloed
lustig meegedoen om laksman te speel. Geregtigheid moes ons telkens
maar weer verkry op ons eie; ons ou klompie volkstroue
“eiegeregtiges” - strompelend en al te dikwels ook belaai met
sondeskuld soos alle mense – maar voortgedra deur die genade van
die Almagtige God van Bloedrivier. Want hier, anderkant die riviere
van Kus, sal Sy aanbidders, Sy verstrooide gemeente Sy offerande
bring – en al is ons ook ‘n ellendige en geringe volk, sal ons
bly skuiling soek by Sy Naam...
Meneer Opperman, ek wil
‘n beroep op jou en jou mede-direkteure doen: Sluit aan by die
stroom in hierdie volk wat weer, soos in 1836, weier om onder vreemde
heerskappy te buig, weier om die knie voor Baäl te buig. Sluit as
direksie aan, soos talle ander organisasies, by die Afrikanerfront en
groepeer saam met hulle om Selfbeskikking as die saambindende
beginsel. Werk saam, soos die Afrikanerfront-organisasies, met die
Volksraad Verkiesingskommissie aan die grootse taak om op 31
Mei 2011 ons eie demokraties-verkose Volksraad ingehuldig te kry, wat
ons eis om Selfbeskikking ooreenkomstig die Volkereg gaan afdwing.
En as julle nie tot
daardie stappe bereid is nie: Volg die eerbare weg, bedank as
Direkteure, en dra daardie rol oor aan die Verkennersbeweging. Ek vra
julle dit, nie in selfsugtige eiegeregtigheid nie … maar ter wille
van geregtigheid teenoor die vermoordes en seëvierendes van die
Groot Trek en geregtigheid teenoor hulle IDEE wat veronderstel is om
deur die Voortrekkermonument versinnebeeld te word: die IDEE van
Volksvoortbestaan in Vryheid, Onafhanklikheid, en Selfbeskikking
danksy die uitredding van God; met Staat en Owerheid wat Hom sal ken
en dien in wetgewing, wetsuitvoering en wetstoepassing… net soos
alle burgers dit in hulle daaglikse lewe moet doen.