Tuisblad
Sentrale komitee
VVK: Die agtergrond
Registrasie prosedure
Finansies
Dokumente
Plakboek
VVK Video
Korrespondensie
Mediaverklaring
Afrikanerselfbeskikking
Brief aan Afrikaanse Kerke
TV- Onderhoude
Personeel
Promosie Items
Brief in Die Afrikaner
Brief aan Beeld
Geloftefees-rede - Paardekraal
In die Kaap
Vergadering met die ANC
Majuba 2009
Brief aan Rapport
Ope brief aan Gert Opperman
Nominasies
Nuusbriewe
Media-verklarings
VVK Funksies
Abel Malan Borgfonds
Belangrike datums
Kontak


Die ANC-regime beskik oor die politieke mag oor ons land en oefen hulle gesag oor ons uit. Dit is die werklikheid en dat ons hulle vir onwettig hou, maak daaraan geen verskil nie.

Goedkeuring vir bepaalde regte wat ons wil uitoefen, moet dus by die onwettige regering opgeëis word, nie omdat ons dit wil doen nie, maar omdat ons nie oor die mag beskik om hulle suksesvol teen te staan wanneer hulle hulle gesag op ons afdwing nie.

Indien u byvoorbeeld ‘n motor wil bestuur, of ‘n besigheid wil bedryf, of ‘n vuurwapen wil besit, of in die buiteland wil gaan reis, vra en verkry u die reg daartoe van hierdie onwettige regering. In beginsel is dit niks anders as ‘n geformaliseerde vorm van  onderhandeling nie: u rig ‘n versoek aan die onwettige regering en hulle stel (eensydig) bepaalde voorwaardes waaraan u moet voldoen. Afhangende van u voldoening daaraan of nie, word die versoek geweier of toegestaan in die vorm van ‘n lisensie of paspoort. Die lys van voorbeelde kan aansienlik uitgebrei word.

Wat meer is, u befonds die onwettige regering met u belasting en u onderwerp u aan sy wette. Voorts beroep u u waarskynlik soms op regte wat die onwettige regering in sy Grondwet aan u verleen, en wanneer dit geskend word, gaan soek u u reg in dieselfde onwettige regering se geregshowe. Deur bogenoemde optredes onderwerp u u aan die onwettige regering en erken u in werklikheid sy gesag, al kom u gemoed in opstand daarteen.

Nou is dit vreemd dat, terwyl u die onwettige regering se gesag ten opsigte van bogenoemde sake aanvaar, u dit onbegryplik vind dat die volk deur haar verkose verteenwoordigers van dieselfde regering wil eis om uitvoering te gee aan ons reg op selfbeskikking. So ‘n eis is nie onderhandeling tot oorgawe nie en ook nie ‘n erkenning van die vreemde regime se reg om gesag oor ons land en volk te voer nie; inteendeel, dit is die sprekendste manier om te toon dat ons dit nie aanvaar nie en die begin van ‘n proses om sy gesag oor ons volk en land te beëindig. Elke volksgenoot moet besluit of dié weg meer of minder aanvaarbaar is as om passief te sit en wag tot die regering so ver ineengestort het dat die politieke mag by hulle oorgeneem kan word, terwyl die vernedering en vernietig van ons volk en land ongebreideld voortgaan.

Enige saak kan deur kwaadwilligheid verdag gemaak en neerhalend voorgestel word. ‘n Komplekse en ingrypende vraagstuk soos die herwinning van ons volk se vryheid, het egter nie eenvoudige en maklike oplossings nie, en daarom betaam dit nie diegene wat self nie die verantwoordelikheid neem om uitvoerbare oplossings te vind nie, om uit die hoogte vingers te wys en oordele uit te spreek nie.

- Andries Breytenbach

 
Top