Op
Saterdag 23 Januarie 2010 het die VVK onder die uiters bekwame
leiding van Mnr. Dolf Buitendag 'n strategiese beplanningsessie
gehou; bygewoon deur die Sentrale Komitee, Verkiesing
Streek-Koördineerders vanoor die hele land; asook ander
belangstellendes (waaronder die nimlike en skerpsinnige Professor
Adriaan Pont – dankie vir die insette, Prof!).
Die
beplanningsessie vorm 'n waterskeiding in VVK-beplanning tot dusver;
aangesien besluit is om wel 'n verkiesingsdatum asook beoogde
kieser-getalle vas te stel – alles aspekte waaraan die VVK homself
tot dusver nie wou vasbind nie. Daar is egter gevoel dat die
uitdagings in die oë gekyk moet word en teiken-getalle en
teiken-datums vasgestel moet word, sodat almal van ons vaster
doelwitte het om heen te werk.
'n
Reusagtige hoeveelheid werk is in die loop van die beplanningsessie
geïdentifiseer; en die doelwitte wat gestel is kom neer op die
volgende:
*Beoogde
aantal kieser-registrasies: minimum van 200 – 250 000 persone.
*Aankondiging
van verkose Volksraad: 31 Mei 2011 (laasgenoemde datum sal ook die
50-jarige herdenking wees van die totstandkoming van die Republiek
van Suid-Afrika op 31 Mei 1961)
Bogenoemde
impliseer die volgende afsnydatums:
*kieser-getalle
op 60 000 - kerf teen 30 Junie 2010.
*kieser-getalle
op 150 000 - kerf teen 31 Desember 2010.
*kieser-getalle
op 200 duidend tot 250 duisend teen 27 April 2011
*afsnydatum
vir nominasies as kandidate: 4 Maart 2011.
*afsnydatum
vir kieser-registrasies: 27 April 2011.
*Verkiesing
om plaas te vind op 20 & 21 Mei 2011.
*Aankondiging
van Volksraadslede en aflegging van ampsbeloftes deur Volksraadslede
op 31 Mei 2011.
*Fondse
benodig en uitstaande (by benadering): R 5 000 000.
Die
volgende is geïdentifiseer as take wat deurlopend uitgevoer sal moet
word in voorgenoemde proses:
V *Verspreiding
van inligting.
*Intensiewer
veldtog tot werwing van befondsing.
*Bemarking.
*Aanstelling
van verdere Registrasie Beamptes.
*Terugvoer
aan geregistreerde kiesers.
*Vergaderings
van streekvlak tot op die vlak van huisvergaderings; om gehou te
word op plaaslike inisiatief met medewerking van die Sentrale
Komitee en/of Streek Koördineerders.
*Verdere
klem op betrokkenheid van meewerkende organisasies. *Motivering.
Deelnemers
was dit eens dat voorgenoemde proses geensins deur 'n klein groepie
persone op die Sentrale Komitee en die huidige Streek Koördineerders
deurgevoer sal kan word nie. Ieder en elke individu sal sy of haar
bydrae moet maak op welke manier ookal om die wa deur die drif te
kry. Interessante voorstelle in hierdie verband (wat ook reuse
koste-besparing sal meebring) was dat persone wat aangrensend tot
snelweë of ander besige paaie en strate woon, groot borde op hulle
eiendom kan oprig met die VVK se kenteken en webwerf-adres.
Daar
is ook besluit (weens die kritiese belangrikheid daarvan en die
reeds-bestaande werklas op die Sentrale Kantoor) om twee aparte
komitees vir Bemarking en Befondsing saam te stel.
Ter
afsluiting is daar 'n aantal promosie-items by die Sentrale Kantoor
beskikbaar vir diegene wat dit in hulle werwing-veldtogte nuttig kan
gebruik: pragtige VVK hemde en besigheidskaartjies. Skakel gerus vir
Chantal as jy verdere idees of borgskappe in hierdie verband aan die
hand kan doen. In die woorde van Jan Celliers:
Wees
sterk! Daar's 'n nasie te lei, daar's 'n stryd te stry, daar's
werk! Daar's nie na guns of eer te kyk, daar's nie na links of
regs te wyk, daar's net te swyg en aan te stryk - Komaan!