Tuisblad
Die regsargument
VVK: Die agtergrond
Registrasie-prosedure
Sentrale Komitee
Vrae & Antwoorde
Finansies
Dokumente
VVK uit Geloofsperspektief
Te Koop
Plakboek
VVK Gebeure
Volksraad
Registrasie-dag te Kleinfontein
Nuusbriewe
Media-verklarings
Kontak


Na die aankondiging van die verkiesingsdatum deur die Sentrale Komitee van die Volksraad Verkiesing Kommissie, het die registrasiebeamptes van Kleinfontein en omgewing bymekaar gekom om ‘n registrasie-strategie vir die area uit te werk. Daar is besluit om ‘n inligtingsaand te hou in die Kleinfontein gemeenskapsaal en dit ‘n week later op te volg met ‘n registrasiedag. Die inligtingsaand is gehou op Vrydag 19 Maart 2010 en Henk van de Graaf, Streek Koördineerder vir die Noord-Transvaal het die bykans 150 teenwoordiges toegespreek waarna Paul Kruger, Voorsitter van die Sentrale Komitee van die VVK die vrae uit die gehoor beantwoord het. Na afloop van die byeenkoms is registrasies ook gedoen terwyl die teenwoordiges koffie en tee geniet het.

Op Vrydag 26 Maart 2010 het die registrasiedag plaasgevind voor die winkelsentrum van Kleinfontein. Voor hierdie registrasiedag is die geleentheid goed bemark met strooibiljette, plakkate en ‘n onderhoud op Radio Pretoria. Vir die geleentheid wat reeds om 15h00 begin het, is daar ‘n markiestent opgeslaan wat ‘n feestelike atmosfeer geskep het. Ten bate van die VVK is ook heerlike eetgoed verkoop en dit, tesame met die kunstenaar wat opgetree het, het bygedra tot die feestelike atmosfeer. Die dag se sukses is egter die honderde registrasies wat gedoen is en die talle Registrasiebeamptes wat teenwoordig was, moes behoorlik bontstaan om almal te help wat wou registreer.

Ben Geldenhuys van die Verkenners Beweging het Mnr Jan Beyers Snr geluk gewens met die inisiatief wat hy geneem het rondom hierdie registrasiedag en ook die Registrasiebeamptes wat so fluks gewerk het om die dag nie net moontlik te maak nie, maar ook ‘n reuse sukses. Hy het die teenwoordiges herinner aan President Jan Brand van die OVS se bekende woorde, “alles sal regkom”, maar het dit ook benadruk dat die tweede deel van hierdie bekende woorde altyd onthou en bygevoeg met word: “mits elkeen sy deel doen”. Geldenhuys het bygevoeg dat hierdie registrasiedag ‘n sprekende voorbeeld daarvan is; aangesien die Registrasiebeamptes hulle deel gedoen het, maar so ook die persone teewoordig wat geregistreer het.

Die hoop word uitgespreek dat Registrasiebeamptes regoor die land soortgelyke registrasiedae sal reël.

Jan Beyers (Jnr) en Jan Beyers (Snr)
Ben Geldenhuys besig met registrasies
Almal kuier gesellig onder die markiestent
Selfs die kindertjies het die dag geniet!

 
Top