Die Afrikanervolk het tydens ‘n gesamentlike vergadering van die HNP,
AWB en Verkennersbeweging op Dinsdag 13 April 2010 by die Willie Marais
Afrikanersentrum in Pretoria, in groot mate sy padkaart na vryheid self
uitgewerk.
Die drie sprekers het kardinale rigtinggewende punte
aangedui, waarop die vergadering uiteindelik uitgebrei het ten einde
rigting aan die pad vorentoe te gee.
Van die belangrikste sake waarin die sprekers rigting gegee het is:
Mnr. Ben Geldenhuys van die Verkennersbeweging: ·Ons is nie meer ‘n volk wat bang is vir die ANC nie, en ons weerstand sal die wêreld verstom ·Ons is nie meer ‘n toeskouersvolk nie: elkeen sal die vraag moet antwoord: “Wat kan ek doen?” ·Begin om jou eie huis skoon te maak ·Raak van volksvreemde arbeid, wat jou lewe en eiendom bedreig, ontslae. ·Raak betrokke by enige organisasie wat lid is van die Afrikanerfront ·Registreer by die VVK en maak reg om deel te neem aan die verkiesing vir ‘n Volksraad.
Mnr. André Visagie van die AWB: ·Daar sal nooit weer iets soos versoening in die land wees nie, en ons stel nie meer in versoening belang nie. ·Ons wil nie meer langer deel wees van die “nuwe” Suid-Afrika nie. ·Leer uit die lesse van die geskiedenis. ·Begin met taktiese voorbereiding op elke lewensterrein. ·Vertoon
volksimbole soos die Vierkleur, ou landsvlag en sing ons volkslied,
terwyl daar praatjies is om hierdie simbole verbied te kry. ·Bid asof werk nie help nie, en werk asof bid nie help nie.
Mnr. Andries Breytenbach, HNP-Leier: ·Ons laat ons nie afskrik in ons eie land nie, want hierdie land is ons land. ·Ons is nie deel van die reënboognasie nie. ·Beveg affirmative action, en beveg blanke armoede. ·Die volk moet groei deur sy aanwas te verhoog. ·Daar moet geestelik voorberei word vir enige gebeurlikheid. ·Ons moet op die regte beginselgrondslag begin, naamlik verootmoediging teenoor God. ·Ondersteun eie volksinstellings, soos skole, media, banke, sake-ondernemings. ·Ondersteun grondgroeipunte. ·Registreer by die VVK. ·Om oorlog te wil voer sonder voorbereiding, is selfmoord. Werk aan paraatheid.
Na breedvoerige insette van die vergadering self, is uiteindelik die volgende besluite geneem:
·Stof
die Bybel in die volkslewe weer af, verootmoedig voor die Hemelse
Vader, en maak verootmoediging ‘n lewenswyse wat elke dag geld, nie net
op die Sabbat nie, en laat die Sabbat weer geheilig word.
·Hemelvaartdag
op 13 Mei sal massaal herdenk word. Mense sal desnoods verlof neem en
volksbesighede sal gesluit wees op daardie dag.
·Laat kinders weer aan moedersknie grootword, waar hulle leer van God’s Woord en van ons Volksgeskiedenis.
·Die
volkswieg moet weer gevul word. Daar is die hoop en visie op vryheid,
ons hoef daarom geen vrees vir ‘n nageslag te hê nie.
·Raak
betrokke by volksorganisasies, maar raak slegs betrokke by dié
organisasies wat ondubbelsinnig die vryheidstrewe van ons volk
bevorder, en waar volsvreemde lede nie toegelaat word nie.
·Boikot
neerhalende en afbrekende media-instellings, soos Beeld, RSG, E-TV,
Citizen en almal in dieselfde stal, en ondersteun Radio Pretoria en
ander volksradio’s, en help om Die Afrikaner uit te brei as ‘n
volkskoerant en kommunikasiemedium tussen volksgenote.
·Maak die
volksekonomie sterk. Laat sake-ondernemings aansluit by Oranje
Sakekamers, en ondersteun slegs volkseie ondernemings. Die vyand moet
ons nie met ons eie geld kan beveg nie.
·Bevorder ons volksimbole, as wyse om mekaar te kan uitken, en boikot enigiemand wat die onderdrukkende nuwe SA-vlag vertoon.
·Ondersoek moontlikhede van belastingweerhouding ten einde die ANC-bewind ook finansieel te knak.
·Beveg
volksarmoede, deur volksgenote in diens te neem, en dank volksvreemde
arbeiders, wat hulle werkgewers besteel en vermoor, af. Hulle staan
onder bevel van Julius Malema, en laat hy maar vir hulle sorg en kos op
die tafel gee. Ons doen dit nie meer nie.
·Sodra volksvreemde
arbeid verjaag is, kan stedelike gebiede en plattelandse gemeenskappe
weer meerderheidsbesetting van Afrikaners hê.
·As die gemeenskappe wat weer meerderheidsbesetting het, nouer saamwerk, word hele gebiede volksgebiede.
·In
sodanige volksgebiede word buurt- en plaaswagte behoorlik georganiseer
en gestruktureer, wat beteken dat veiligheid en sekuriteit weer in
volkshande is en daar geen volksvreemde polisiemag meer benodig word
nie.
·Sodanige buurt- en plaaswagte, saam met die volkskommando’s wat misdaad beheer, behoort nouer met mekaar te skakel.
·Besondere
klem moet gelê word op deeglike kommunikasie, om alle
volksverwikkelinge met mekaar te kan kommunikeer. Volksradio’s, Die
Afrikaner, internet en kortboodskappe oor loopfone sal aangewend word.
·Die
proses vir die registrasie vir die Volks Verkiesings Kommissie sal
bespoedig word om, indien moontlik, die VVK-verkiesing selfs nog
hierdie jaar te hou, as daar meer as 250 000 mense geregistreer kan
word.
Veral die beveiligingsaksie, en die VVK-aksie, moet
momentum kry, en daar moet deeglike voorbereiding gedoen word. Dan sal
die volk op 17 Julie vanjaar in groot getalle byeen kom, deeglik
voorbereid, by Paardekraal en die Vrouemonument. Sewentig jaar gelede,
op 20 Julie 1940, het 70 000 volksgenote byeen gekom by die
Vrouemonument om hulle eis vir ‘n volksrepubliek te herhaal. Daardie
geleentheid gaan herdenk word op 17 Julie, maar ons gaan ook ons
vryheidseis hard en duidelik daar herhaal, en die volk sal dan ook kan
bepaal wat verder gedoen moet word, nadat hy van nou tot dan deeglik
voorberei het vir enige gebeurlikheidsplan.
Die vergadering het
dit ondubbelsinnig bevestig dat algehele volksvryheid die doel is, en
dat dit buite die ANC-bestel bereik sal moet word.