Tuisblad
Sentrale komitee
VVK: Die agtergrond
Registrasie prosedure
Finansies
Dokumente
Plakboek
Nominasies
Nuusbriewe
Media-verklarings
VVK Funksies
Swartgoud wiele skou
Bosveldfees
Optog in London
Registrasie-dag te Kleinfontein
Volksvergadering 13 April 2010
Volksvergadering 16 April 2010
Abel Malan Borgfonds
Belangrike datums
Kontak


Registrasies by Swartgoud wieleskou 25 en 26 Junie 2010 gehou te Kriel

Die oggend van 25 Junie 2010 het om 08:00 koud begin, met ‘n oggend temperatuur van -6°C.

Die oggend het stadig verloop, maar die ongure weer het geen volks genoot verhinder om die dag te geniet by die Swartgoud wieleskou nie.

Die afloop van die dag het ‘n getal van 89 registrasies verseker.

Die 26ste Junie 2010 het weer met ‘n ysige -8°C afgeskop. Soveel so dat selfs die water in die ketel binne die karavaan gevries het gedurende die nag.

Die middag se gematige temperatuur het verseker dat meer mense die dag kom geniet het.

Die twee dae het gesamentlik ‘n totaal van 202 registrasies opgelewer. Vir die tyd wat tot ons beskikking was, wiskundig gereken, is daar elke 8 minute 20 sekondes ‘n volksgenoot gerigistreer.

Jan en Annalise van Zyl tesame met Cornel van der Westhuizen het verseker dat daar soveel volksgenote bereik is gedurende hierdie naweek.

Ons wil graag ook vir Cornel dankie sê dat hy sy naweek opgeoffer het om ons by te staan met hierdie groot sukses!

- Jan en Annalise van Zyl


                    Jan en Cornel besig met registrasies


                  Jan gesels met Volksgenote


          Cornel, Jan, Annie (200ste registrasie) en Annalise

 
Top