Neem asseblief kennis dat u die VVK se Sentrale Komitee-kantoor kan skakel indien u bogenoemde genomineerdes wil sekondeer.
1. Maak seker by die Sentrale Komitee-Kantoor van die VVK dat u as kieser geregistreer is.
2. Verkry 'n Vorm 3(1) by die Kantoor (Nominasie van Volksraad-kandidaat).
3. Verstrek die kontakbesonderhede van die persoon wat u wil nomineer aan die Kantoor sodat die VVK 'n Vorm 3(2), naamlik die Vorm waarin die persoon sy of haar nominasie aanvaar op die tersaaklike voorwaardes, aan die genomineerde kan stuur.
4. Die genomineerde persoon onderteken Vorm 3(2) en stuur dit aan die Kantoor terug. Die genomineerde persoon registreer terselfdertyd as kieser, indien hy of sy nog nie as kieser geregistreer was nie.
5. Die kantoor sal u kontak om te bevestig dat die genomineerde sy of haar nominasie aanvaar het. U kan nou begin om die 100 sekondante se handtekeninge te versamel wat met u nominasie saamstem.
6. Maak seker dat alle sekondante eweneens as kiesers geregistreer is; aangesien niemand 'n nominasie kan sekondeer sonder om self 'n geregistreerde kieser te wees nie. Hou dus onvoltooide Vorm 1's byderhand vir sodanige doeleindes.
7. Neem die Vorm 3(1) tesame met die sekondante se handtekeninge na die Kantoor. Indien u die Vorm 3(1) vir 'n ander persoon oorgee om verdere sekondante se handtekeninge in te win, moet u asseblief die Kantoor onmiddelik daarvan verwittig en die volgende persoon wat die Vorm 3(1) hanteer se naam en telefoonnommer aan die Kantoor verstrek; sodat ons ander voornemende sekondante in kennis kan stel waar die Vorm 3(1) waarop hulle wil sekondeer, sigself bevind.
8. Onthou asseblief dat u soveel persone kan nomineer as wat u wil; maar dat geen persoon MEER as EEN kandidaat mag sekondeer nie.
CV's van die kandidate gaan binnekort gepubliseer word!