Beskawing is iets kosbaar en broos.

Ons hoor deesdae aanmekaar dat ons in ‘n veranderde wêreld leef en is so trots op ons tegniese vooruitgang, dat ons maklik kan glo dat verandering, of ten minste die tempo waarteen dit geskied, iets is wat uitsluitlik tot hierdie huidige tyd behoort.


Die mees drastiese en vinnigste sosiale verandering wat die mensdom ondervind het, het ongeveer 5 000 jaar gelede in Egipte plaasgevind. Binne ‘n skamele honderd jaar het die Egiptenare van barbarisme tot beskawing ontwikkel.


Aan die begin van die periode . was die Egiptenare net nog ‘n barbaarse stam, ‘n tydlose groep mense , sonder ‘n verlede om te onthou of ‘n toekoms om voor te beplan. ‘n Groep mense waar stamgebruike die rol van ‘n regering vervul het; ‘n groep mense wat deur instink geleef het en hulle eentonige soeke na kos afgewissel het met aanvalle op nabye stamme.


Teen die einde van daardie eeu was die Egiptenare ‘n nasie onderworpe aan ‘n absolute gesentraliseerde en sosialistiese regering. Vir die eerste keer was daar ‘n regering wat toekomsbeplanning gedoen het. Skryf en geskrewe rekords het ontstaan om die nuwe burokrasie te hanteer.


Teen die einde van die Tweede Dinastie was daar nêrens op aarde ‘n permanente struktuur nie. Niks was ooit met klip gebou nie. Binne ‘n honderd jaar het die Egiptenare die mees blywende struktuur in menseheigenis opgerig – ‘n struktuur wat vir negentien eeue die hoogste in die wêreld was, naamlik die Groot Piramide van Cheops. Die piramide was ook een van die akkuraatste konstruksies. Die twee-en-‘n half miljoen blokke klip van klip in die piramide waarvan talle tot 16 ton weeg, is afgerond met ‘n toleransie van plus-minus een een-honderdste van ‘n duim.


Die koms van beskawing in Egipte moes vir die Egiptenare gelyk het asof dit vir ewig sou staan – soos die piramide.


Maar 400 jaar nadat Cheops sy piramide gebou het, het daardie orde net so skielik gedisintegreer en in chaos verval. Die vernaamste rede vir die verval is dat dit intern was. Egipte is nie deur ‘n groot moontheid aangeval en verower nie, en hulle was ook nie in ‘n vernietigende oorlog gewikkel nie. “n Hoё beskawing het geval weens die vernietiging van sy eie morele fondasie.


Daar is ‘n geringe aantal geskrifte, in die besonder die van Ipu-wer en Nefer-ruhu wat die verval en vernietiging aanskou het en wat vertel wat daar gebeur het. Skokkend is om die ooreenkoms te sien in wat vandag in ons land plaasvind.


“If three men go along a road,” sê Ipu-wer, they become two men, for the greater number kills the lesser number.” “I show thee,” skryf Nefer-rohu, “the brother as an enemy, and the man who kills his own father, Every mouth is full of ‘Love me’, but everything good has disappeared.”


Nefer-rohu kla dat: “Men take a man’s property away from him, and it is given to him who is from the outside. I show you the owner in need and the outsider satisfied.”

Ipu-wer sê voorts: “The robber is now the possessor of riches ……. The children of great men are dashed against the walls ….. The owners of fine clothes are clad in rags, but he who never wove for himself is now the owner of fine linen.”


“The land is completely perished, so that no remainder exists,” is Nefer-rohu se waarneming en Ipu-wer kom tot die slotsom dat die mensdom tot mislukking gedoem is en wens dit wil van die aardbol verdwyn: “Ah, would that it were the end of men! That there were no conception and no birth! Then would the earth cease from turmoil and be at rest”


Dit kon netsowel die oor die situasie vandag in ons land gegaan het.

135 views

Recent Posts

See All

Daaglikse Woord

“En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak; om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis

Uit die Geskiedenis

Bloedrivier en die Gelofte. Andries Pretorius het in November 1838 in Natal aangekom en is as nuwe leier van die Voortrekkers aangewys. Met ‘n kommando van ongeveer 464 Voortrekkermans en 64 waens het

Die oorsprong van die Gelofte

Die woord “gelofte” beteken ‘n plegtige belofte waarby ‘n mens jou vrywillig teenoor God of ‘n hoër mag verbind om iets te doen of iets te laat; by baie volke ‘n besondere vorm van gebed, bv. in tyd v

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.