Daaglikse Woord
“EEN wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.” – Spr 12:1
Een van die kenmerke van die mense van ons volk is sekerlik die hardkoppigheid.
Onmiddelik moet ‘n mens toegee dat dit soms ‘n goeie ding is. Oor sekere sake moet mens hardkoppig wees. ‘n Hardkoppige weiering om dwaalleer te verdra, ‘n hardkoppige vashou aan die waarheid is bv. ‘n eerbare ding.
Ongelukkig beteken ons hardkoppigheid dikwels ook ‘n hardkoppige vashou aan my gedagtes, my idees en my manier van doen. Dit beteken dikwels ‘n hardkoppige volharding in sonde en ‘n onwilligheid om vermaning te aanvaar. Wanneer hardkoppigheid so maak word dit dwaasheid. Laat ons ag gee op ons bereidheid om teregwysing te aanvaar.