Daaglikse Woord
Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: Hy het ’n duiwel. Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is ’n mens wat ’n vraat en ’n wynsuiper is, ’n vriend van tollenaars en sondaars. – Luk 7:33-34
Die houding van die Fariseërs waaroor die Here Jesus hulle hier vermaan is tipies hoe ons vandag ook dink. Die massas korrupsie en valsheid waarvan ons elke dag kennis neem maak dat ons dikwels uiters negatief ingestel is, amper hiperkrities op alles en almal. Dit is goed om mekaar te vermaan en kritiek is nodig, maar ‘n gelowige moet waak daarteen om krities te wees op grond van sy eie oortuigings i.p.v. Bybelse norme. Die Bybel is die maatstaf van reg en verkeerd, nie my eie verwysingsraamwerk nie!