Desember 2019
Gedurende die maand Desember is dit ‘n ou gewoonte om terug te kyk op die jaar se nuusgebeure. Aangesien die Kletsblad nie oor nuusgebeure berig nie en ons nou slegs in die vierde maand van ons bestaan is, gaan ons meer skryf oor gebeure in ons geskiedenis; oor die mense wat ons geskiedenis geslyp het.
Dit is interessant om te sien hoe belangrik die maand Desember in ons geskiedenis is in terme veral van die uitstaande mense wat met hulle lewens vir die volksaak betaal het.
Eerstens is daar natuurlik die Slag van Bloedrivier waarvan die oorwinning van die Trekkers oor die Zoeloes die binneland oopgemaak het.
Die suksesvolle veldslae van Magersfontein, Spioenkop en Colenso waarna die Britte nou nog as “Black Week” verwys.
Maar ook die ontsettende hartseer van afskeid neem aan dapper en trotse vegters, waaronder, genl. De la Rey, Jopie Fourie en genl. Christiaan Beyers.
Ons het ‘n ryk en lieflike geskiedenis. In die volgende paar uitgawes gaan ons liggies raak aan die mense en gebeure wat ons as volk op hierdie bodem in Suid-Afrika beïnvloed en gevestig het.