Die Geskiedenis van ons Taal
Ook hierdie voorneme rondom die Bybelvertaling het skipbreuk gelei. Die behoefte aan die Bybel in Afrikaans was nog nie so dringend dat dit hulle gedryf het nie.
Ses jaar later, op 14 en 26 Januarie en 23 Februarie 1884 word die volgende besluit:
Om dadelik met voorbereidende werk te begin
Om ‘n komitee te kies om met die saak voort te gaan
Om die belangstelling van die volk vir die saak te kry.
‘n Brief word versprei om steun vir die saak te wen. Daar het wel geldelike hulp ingekom, maar dit was nog te min.
In 1885 vergader hulle weer en dra die vertaalwerk aan ds. S.J. du Toit op.
In 1888 bedank ds. Du Toit as Superintendent van Onderwys in Transvaal om sy volle aandag aan die Bybelvertaling te wy.
In 1889 verskyn sy eerste gedrukte proewe. Dit was drie hoofstukke uit Genesis.