Die Geskiedenis van ons Taal

Cornelis Jacob Langenhoven is op 12 Augustus1873 op Hoekoe (Ladismith) gebore. Na sy skooljare het hy aan die Victoria-Kollege op Stellenbosch gaan studeer. Hy word advokaat aan die Hooggeregshof van die Kaapkolonie. In 1912 word hy redakteur van die Oudtshoornse koerant Het Zuid-Westen. Hy was lid van die Kaapse provinsiale Raad, L.V. en Senator.


Hy het eers nie van Afrikaans gehou nie. Hy het gedink dat Hollands die taal moet wees wat bly leef. Hy het egter tot ander insigte gekom en een van die grootste kampvegters vir Afrikaans geword.


Hy het op Oudtshoorn gewoon. Sy huis dra die mooi naam “Arbeidsgenot”. Sy werke het alles onder die naam “Sagmoedige Neelsie” verskyn.


E.C. Pienaar sê van hom dat hy sy volk leer lees het soos geen ander voor hom nie. “Dit beteken dat hy ons voormalige kombuistaal verhef het tot die verhoogde status van sitkamertaal en tot die hoogste status van Universiteitstaal. Die beteken dat hy ‘n minderwaardigheidskompleks by die volksmassas omgeskep het in ‘n meerderwaardigheidskompleks, en nasionale lamlendigheid in nasionale trots; dit beteken in een woord dat hy die Afrikanervolk gehelp het om sy grootste besitting op aarde nl. Sy verlore en verloregaande siel, terug te vind.”


Hierdie woorde van professor E.C. Pienaar skets vir ons Langenhoven se lewe en werk baie mooi.


Hy was daarteen gekant dat Hollands nog as moedertaal beskou moes word. Hy vra: “Hoe lank bly ons hink op twee gedagtes? Als Nederlands ons taal is, waarom praat ons hom nie? Als Afrikaans ons taal is, waarom skryf ons hom nie? Dan is die posisie eenvoudig dit: Vir een soort gebruik is die taal van ons moeders nie goed genoeg nie, en vir die ander soort gebruik is die kinders van ons moeders nie goed genoeg nie!”

49 views

Recent Posts

See All

Daaglikse Woord

“En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak; om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis

Uit die Geskiedenis

Bloedrivier en die Gelofte. Andries Pretorius het in November 1838 in Natal aangekom en is as nuwe leier van die Voortrekkers aangewys. Met ‘n kommando van ongeveer 464 Voortrekkermans en 64 waens het

Die oorsprong van die Gelofte

Die woord “gelofte” beteken ‘n plegtige belofte waarby ‘n mens jou vrywillig teenoor God of ‘n hoër mag verbind om iets te doen of iets te laat; by baie volke ‘n besondere vorm van gebed, bv. in tyd v

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.