Die Geskiedenis van ons Taal
Langenhoven het baie geskryf. As redakteur van Het Zuid-Westen het hy baie geleentheid daarvoor gehad.
In1914 word hy Lid van die Kaapse Provinsiale Raad. Hy het dadelik begin veg om Afrikaans in die skool erken te kry.
Op 23 April 1924 stel Langenhoven voor dat Afrikaans as voertaal in plaas van Nederlands tot standerd vier ingevoer word. Dit word aanvaar. Die Vrystaatse en Transvaalse Provinsiale Rade het ook soortgelyke besluite geneem. Hy was egter nie hiermee tevrede nie. Hy wou Afrikaans deur die hele skool invoer. Op 2 Junie stel hy hierdie standpunt voor die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Akademie. Hy pleit vir die erkenning van Afrikaans in ons skole.
Hierdie toespraak het ‘n baie groot invloed gehad. ‘n Kommissie word aangestel om die nodige leerboeke in Afrikaans op te stel. Hulle publiseer ook spelreёls.
In 1917 word Afrikaans in die hele laerskool ingevoer en van 1920 af ook in die hoёrskool.