Die Geskiedenis van ons Taal
Die Anglo-Boereoorlog het lyding gebring. Met die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 het die twee Boere-republieke hulle vryheid verloor. Dit was ‘n tyd van smart. Soveel is opgeoffer om die dierbare vryheid en onafhanklikheid te verkry. Bloukrans, Weenen, Hloma Amabutho, Bloedrivier, Majuba en Spioenkop het in die mis van die verlede verdwyn en voor die verdwaasde banneling wat teruggekeer het, was daar net die puin van sy huis en die grafte van sy dierbare geliefdes.
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al.
Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al.