Die Geskiedenis van ons Taal.

Die gedigte “Winternag” van Eugene Marais en “Die Vlakte” van Jan F.E. Celliers word nou in die stryd gebruik om te bewys dat Afrikaans vir die uitbeelding van fyn gevoelens en waarnemings juis doeltreffend is. Verder begin die twee gedigte een van die hoofrigtings van die poёsie van dié tydperk, naamlik natuurbeskrywings. Dit is asof die verlies van sy vaderland met die oorlog, in die digkuns teruggewen wil word.


‘n Hoёveldse winternag met sy ryp en koue word beskryf; die vlakte wat kaal en dor lê, opkrullende stapelwolke, die prag van ‘n donderstorm wat losbreek, die reёn in al sy fluisteringe, grootse sterrenagte, die voorjaar wat hom loswikkel in bloeisel blaar, die voёls en goggatjies, die berge en die see. Juis ‘n digter van hierdie geslag,


Die verskyning van Totius se digbundel, By die Monument in 1908 begin ‘n ander sterk rigting wat ons in die digkuns van hierdie tydperk vind, naamlik die lyding, veral van vrou en kind, gedurende die Anglo-Boereoorlog, byvoorbeeld: “’n Nuwe Liedjie op ‘n ou Deuntjie” en “Blomme.” Kort na Totius se bundel verskyn Die Vlakte en ander Gedigte (1908) van J.F.E. Celliers en in 1911 Oom Gert en ander Gedigte van C. Louis Leipoldt. Dié oorlog het huise en plase verwoes en magte losgemaak wat die landelike Afrikaner al hoe meer begin bedreig het. Dit is ook ‘n nuwe rigting in die poёsie, die verheerliking van die landelike lewe.


Dít sluit aan by die uitbeelding van die natuur. Meet groot liefde word die boereplaas, die boer, die perd, die os, die hoenderhaan, die kalkoen en die klein dorpie beskryf.

0 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.