Die Geskiedenis van ons Taal.

Die nuwe digkuns is anders van toon en klank as dié van die Eerste Taalbeweging; daar word nou gestrewe na oorspronklikheid, na taal en beeldspraak wat deurvoel is. Die hoofdoel van die gedig is nie om ‘n mens te laat lag nie, maar om jou te laat voel, beleef, en ernstig te laat nadink. Hierdie waardiger houding is opvallend as ons na die nie-blanke kyk. Totius skryf oor die skoonheid van sy taal, sy bestaan word ernstig opgeneem en hy word ook geteken as iemand wat liefhet (D.F. Malherbe se “Jakob Ontong” of bloot as mens, soos by Leipoldt.


Terugskouend word na die digters as volksdigters verwys omdat hulle aan die gevoelens van die Afrikaanse volk oor die algemeen uitdrukking gegee het, soos die driemanskap Celliers, Totius en Leipoldt en later Malherbe en Langenhoven. Maar ons vind reeds by hulle persoonlike verse, waaronder die voorloper Eugene Marais en by Totius en by Leipoldt.

26 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.