Die Geskiedenis van ons Taal
Jan F.E. Celliers. (1865-1940)
Net soos Winternag is ook Die Vlakte in ons taalstryd gebruik om op die moontlikhede van Afrikaans te wys. Celliers is een van ons eerste volksdigters. Graag teken hy die natuur groot; Die Vlakte, sing oor die oorlogsleed; Dis Al, Blomme; prys die heldhaftige en die manlike aan; President Steyn, Trou, Die Boerevrou, Die Ossewa en verheerlik die boerelewe. Later word hy veral die mymeraar.
In sy gedigte maak hy dikwels gebruik van verpersoonliking en klankskildering. Celliers is in Wellington gebore maar het in Transvaal grootgeword.
President Steyn
Dis skoon vir 'n held om te val
aan die voete van wie hy gedien het.
skoon vir sy skeidende gees
dat moeders die laaste mog wees
wat sy sterwende oog gesien het.
Maak hom 'n graf op die grond
wat sy liefde gewy en geseёn het:
dis skoon vir 'n held om te rus
aan die voete van wie hy beween het.
(Pres. Steyn het dood neergeval toe hy ‘n vrouevergadering toegespreek het. Hy is begrawe aan die voete van die beelde by die Vrouemonument – wat hy self gestig het.)