Die Geskiedenis van ons Taal
Een van die eerste van die volgende geslag digters is H.A. Fagan. Eintlik is hy veral as toneelskrywer bekend. Hy het ‘n hele aantal gedigte oor die see geskryf, soos Knysna-strand en Ek het ‘n Huisie by die See. Baie van sy gedigte is sonnette. Ons leer hom in sy poёsie ken as ‘n sagsinnige mymeraar. Fagan kom van Tulbagh en was ‘n hoofregter.
IN DIE OUTENIEKWA-BERGE (Sonnet)
"Ek bly vir die blomme wat kom en gaan, hulle kom en gaan vir my wat bly." - Opskrif op 'n klip in 'n blomtuiin, deur C.J. Langenhoven.
Daar's bome in die Outeniekwa-berge
wat met die eeue speel; vyf-honderd jaar
en meer verhef hul trots en fier aldaar
die kruin omhoog, soos reuse tussen dwerge.
Die bobbejaantou rank, die klimop bloei
aan tak en stam; die digte kreupelhout
gee skuiling aan die diere van die woud,
wat huppel deur die ryke plantegroei.
Die voёltjies, bye, besies woel alom;
die vlinders ook, op wie die lewe lag
vir net een korte, vreugdevolle dag.
So is die skepping: altyd die wat kom
en gaan, en die wat bly deur eeue heen;
maar een dien almal, almal dien een.