Die Geskiedenis van ons Taal.
Dr. A.D. Keet (1888-1972)
Onderwyl Keet in die Nederlande studeer het, verlang hy terug na sy sonnige vaderland, soos blyk uit sy gedig: Maar Een Suid-Afrika. Die Lied van die Koringboer dra hy op aan sy moeder, omdat sy hom die verhaal in sy kinderdae vertel het. Keet is een van ons eerste minnedigters; Ek hou van Blou. Ook dig hy oor die dood van sy vrou, Weemoed.
Hy was vir jare medikus op Senekal in die Vrystaat.
Maar Een Suid-Afrika.
Gee my 'n roer in my regterhand,
Gee my 'n bok wat vlug oor die rand ----
En 'n flukse perd om hom weg te dra:
Gee my Suid-Afrika
Gee my 'n kamp waar bossies groei,
Gee my 'n fraai volstruis wat broei ------
En 'n Boereseun wat baie wa:
Gee my Suid-Afrika.
Gee my 'n koppie om op te staan,
Gee my die Swartland met al sy graan -----
En nooit of te nimmer hoor jy my kla:
Gee my Suid-Afrika.
Gee my die vlakte ruim en wyd,
Gee my die veld se oneindigheid -----
En die lekker geur wat die lug daar dra:
Gee my Suid-Afrika.