Die Geskiedenis van ons Taal.
A.G. Visser. (1878-1929)
Na die patriotdigters en Melt Brink het ons volk vergeet om te lag. Visser het ons weer leer lag, soos waar hy goedig met ou tant Siena spot. Ook skryf hy rougedigte oor die dood van sy vrou asook van ons eerste liefdesverse. Stella Aeterna, Die Roos en Die Swart Osse. Visser was uiters gewild as digter, want hy kon jonk en oud, geleerd en ongeleerd boei met sy beminlike menslikheid, sy blymoedigheid en warm liefde vir sy vaderland. Die Ou Voortrekker, Umzinyati.
Visser was lank medikus in Heidelberg, Transvaal.
Die Roos
Te kort jou skoonheidsuur,
Roos van my hof;
Vir jou volmaakte uur
Die Gewer Lof!
Te kort ons liefdestyd:
Te lank die rou.
Tog - tot in Ewigheid
Goddank vir jou!