Die Geskiedenis van ons Taal
Ernst van Heerden (1816-1997)
Ernst van Heerden is op 20 Maart 1916 op Pearston in die Oos-Kaap gebore, die seun van Pieter en Elsie van Heerden. Hy het ook ’n suster gehad. Sy moeder was ’n onderwyseres.
Hy het aanvanklik op Pearston skoolgegaan, maar is na die bekende Grey Hoër in Port Elizabeth nadat hy standerd agt op Pearston geslaag het. In 1931 was hy eerste in Suid-Afrika in die Hoër Taalbondeksamen. Hy het in 1932 as sestienjarige gematrikuleer met Afrikaans en Engels albei op hoër graad.
Vrae
Sal jy my nog liefhê, noudat ek onvolkome is, en die wuiwende liggaam se fyn haaraartjies en polsende arterieë langsaam gestol het; Sal jy my nog liefhê, noudat ek verbrysel is en ingekerker soos 'n dier aan 'n magtelose ketting wat net kan kerm en ongeneeslike wonde lek; Sal jy my nog liefhê, noudat ek gevonnis is, gedoem tot 'n eiland, ontoereikend en verlate, met die onagterhaalbaarheid van leë horisonne; Sal jy my nog liefhê, noudat ek die donker man ken, daagliks die bitter brood eet en verskriklik weet: die lewe is eensaam, soos die dood.