Die Geskiedenis van ons Taal
G.A Watermeyer (1917-1972)
Godfried Andreas Watermeyer is op die plaas Spitskop in die distrik Middelburg in die Noordoos-Kaap gebore. Hy het baanbrekerswerk vir Afrikaans in die reklamebedryf verrig. Die plaaslewe was altyd naby aan sy hart.
Reën In Die Voorwinter
Vier mure teen die Suidewind- my swartoogvrou, my blondhaarkind.
Kareehoutstompe in die vuur, ketel en kaggel brons geskruur.
My bont koei lê op koringstrooi, my swart haan roep die dagbreek rooi.
Soet deur die lang nag sing die reën; moflammers sal ek vroeg-Mei speen.
Die wendam stoot sy uitloop oor- blink breek my ploeg die middelvoor…