Die geskiedenis van ons Taal III
Die spreektaal aan die Kaap kan as Kaaps-Hollands beskryf word, hoewel die skryftaal streng Hollands gebly het. Wanneer daar in Kaaps-Hollands geskryf is, was die bedoeling nie dat dit die nuwe skryftaal moes wees nie. Hulle het dit gebruik as hulle wou spot, soos in die spotlied oor die Swellendamse helde wat in 1795 die Kaap teen die Engelse probeer verdedig het, maar vining die aftog geblaas het.
Die naam van die gedig was: Lied ter ere van die Swellendamsche en diverse andere Helden bij de Bloedige Actie aan Muizenberg in dato 7 Aug. 1895.
Maar, arrie neef, de kogel kom, o wee!
Ons kan begrijp, het is een bom,
Kijk hoe ze voor ons neder springt!
O wee! Dat is een vreeslijk ding, o wee!”
In 1826 verskyn ‘n paar Afrikaanse briewe in De Verzamelaar, ‘n koerant van J. Suasso De Luna. Hy was ‘n Jood en word beskou as die man wat die eerste gedink het aan koerante in Afrikaans
In 1832 het ‘n Fransman, Charles Ettienne Boniface ‘n verdere hupstoot aan Afrikaans gegee. Hy skryf ‘n spottende drama, De Temperantisten. Die karakters in hierdie stuk, Manus Kalfakter en Grietjie Drilbouten, praat ‘n plat Afrikaans. Boniface word ook die eerste redakteur van De Zuid-Afrikaan.
In 1835 verskyn Rex en Bain se bekende Kaatjie kekkelbek, or life among the Hottentots.
Dit is op Grahamstad opgevoer.