Eens was ons vry

‘n Persoon het nou die dag die opmerking teenoor my gemaak dat dit seker fantasties was om gedurende die jare vyftig en 60 in hierdie land te kon opgroei. En inderdaad was dit ‘n voorreg gewees om tydens ‘n werklike renaissance op te groei soos wat ons dit in daardie jare ervaar het.


Die vernaamste in daardie wonderlike jare was dat ons as kinders vry was. En daardie vryheid het van ons individualiste gemaak met ‘n soewereiniteit in ons siele wat altyd na vryheid sal beur.


Maar dit was eens, toe ons kinders was.


Ons leef deesdae baie verstandig, maar ons leef nie meer ons lewens nie. Ons rangskik en organiseer ons dae. Ons drink ons medisyne en kry inentings want die dokters sê so.

Ons kan nie meer sê wat ons dink nie, want mense neem aanstoot en ons kan in die moeilikheid kom.


Maar eens op ‘n tyd, toe ons kinders was, was ons vry. Ons het nie inentings gekry nie en as ons siek was, het ons gesond geword. Ons was sterker as deesdae se kinders, en ons is sterker as die generasie na ons. Ons het nie vir baie beskerming gevra nie, en was ook nie te veel gegee nie, en ons het oorleef.


Niemand het oor die leed van ander in veraf lande gepraat nie, behalwe jou ma wat jou gedreig het oor honger wesies. Op skool is ons nie geleer hoe om ander te red nie. Dit het jou ouers jou geleer. Ons is geleer om jou by jou eie sake te bepaal en dit was nie ‘n misdaad gewees nie.


As ons gespeel het, was daar nie volwassenes by wat vir ons elke stap voorgesê het en elke beweging gewys het nie. Ons het ons eie speelplekke gevind en die reëls self uitgewerk. Daar was wenners en verloorders. Ons het een speletjie na die ander gespeel, Ons het gewen en verloor en gekompeteer. Om te verloor was nie ‘n tragedie nie.


Grootmense was wat hulle was. Hulle het hulle lewens gehad. Hulle het eie persoonlikhede gehad. Hulle was somtyds eksentriek en ons het daarmee saamgeleef.


Daar was minder van ‘n geskinder, minder klieks. Kinders het nie hulle besittings tentoongestel as ‘n teken van hulle identiteit nie. ‘n Kind wat dit gedoen het, was net geïgnoreer en selfs vermy. Bowe alles het kinders nie soos volwassenes opgetree nie. Hulle het ook nie soos volwassenes aangetrek nie. In ons kindwees wou ons nie faux-volwassenes wees nie.


Ons ouers het ons nie in watte toegedraai nie. Ons was nie omgekoop om ons ordentlik te gedra nie. Ons was nie ekstra-spesiaal of delikaat nie. Niemand het ons ooit oor ons gevoelens uitgevra nie. Indien hulle sou, sou dit ons verwar het. Gevoelens? Wat is dit? Ons het geweet ons leef. Niks was verder nodig nie.


Ons kon ‘n leuenaar sover as ‘n myl uitken. Ons kon ‘n valse mens raaksien. Ons het geweet watter van die groot mense is “vreemd” en het spontaan van hulle weggebly.

Ons het nie duur speelgoed en masjientjies nodig gehad om gelukkig te wees nie. Slegs ‘n plek om te speel. En as jy op jou eie wou wees, het jy daai plek gesoek en ‘n boek gelees. Daar was geen druk op jou uitgeoefen om te deel nie.


Die skool was nie ‘n tipe sosiale laboratorium of ‘n kinderwagterdiens nie. Ons is skool toe om te leer, en as jy hard gewerk het, het jy. Onderwysers het geweet hoe om te onderrig. Die handboeke was volgoende. Of dit nuwe of ou teksboeke was, het nie saak gemaak nie. Bowe alles is kinders nie geleer om klein slagoffers te wees nie, maar eerder om op ‘n opgevoede manier vir jouself op te staan.


Seks was iets privaat. Jy was daarvan by die huis geleer, of nie. Jy het sekerlik nie daarvan op skool geleer nie. Dit sou verby belaglik gewees het.


Party van ons kan onthou wat dit was om jonk en vry te wees en vandag besit ons steeds die kompas gerig op daardie Noordelike Ster. Ons neem steeds nie onnodige inentings nie. Ons glo nie alles wat die dokter sê nie. Ons weet steeds dat om te verloor is nie ‘n tragedie of ‘n geleentheid vir ‘n tragiese teater nie.


Ons weet steeds wat dit is om alleen te wees. Ons dink steeds dat skinder en klieks is vir morone. Ons voel steeds vry. Ons wil steeds onbelemmerd leef, want ons lewenswyse pla niemand nie.


Ons hou steeds nie van inmenging in ons vryheid nie en ons sê ons sê en trek grense. Ons hou steeds daarvan om te wen en te kompeteer en ons hou daarvan om dinge op ons eie aan te pak en te bereik. Steeds kan ons die selfaangestelde messiasse op ‘n honderd tree raaksien.


As kinders het ons in ons verbeeldingswêreld geleef en ons het dit nie vergeet nie. Dit is deel van wie en wat ons is.


Ons is nie elke 20 sekondes verveeld nie. Ons kan self dinge vind om te doen.

Ons het nie daaglikse gerusstellings nodig nie. Ons het nie mense nodig wat oor ons skouers loer nie. Dis nie vir ons nodig om te kla en te ween om aandag te trek nie. Ons het nie die massa se ondersteuning nodig nie.


Ons steur ons nie aan politici wat aanhoudend vir ons lieg, en maak asof ons onnosel is nie. Ons het nie nodig dat ‘n ideologie in ons kele afgedruk word nie.


As ons nie hou van die kandidate in ‘n verkiesing nie, dan stem ons nie. Ons weet wat is patriotisme en burgerlike verantwoordelikheid. Niemand hoef ons te leer dat daar geen verskil tussen ‘n politikus en ‘n krimineel is nie. Ons hou verby.


Ons maak nie ‘n bohaai en kom in ander se pad nie. Ons dink nie dat kinders die toekoms is nie. Elke generasie is ‘n nuwe generasie. Dit was nog altyd so gewees. Ons het dit nie nodig om soos kinders geïndoktrineer te word nie. Ons kan nog onthou wat dit was om ‘n kind te wees. Dit is genoeg.


Toe ons kinders was, was daar nie ‘n oordrewe sin van lojaliteit gewees nie. Ons was onafhanklik. Nou kan ons sien wat kan alles in die naam van verpligtinge, groep-kohesie en lojaliteit bereik word: misdaad, vandalisme, vernietiging van regte, oorloë.


Dit het nie ‘n dorp geneem om ‘n kind groot te maak toe ons jonk was nie, en dit is ook nie nou nodig nie. Dit is net propaganda. Dit teer op mense wat bang is om net dit te wees wat hulle is, wat te bang is om vir hulleself op te staan.


Ons kan sien wat die indoktrinasie geskep het. ‘n Persepsie van ontelbare getalle hulpelose slagoffers. En sodra dit gevestig is, verskyn die parade van slagoffers op die horison. En sodra daar in die elementêre behoeftes voorsien is, is dit skielik nie meer genoeg nie, en so word ander behoeftes gebore.


Ons het nie so opgegroei nie en ons sien deur die bedrog.


Toe ons kinders was het die aantal vriende wat ons gehad het nie saak gemaak nie. Ons het nie telling gehou nie. Vriende het gekom en gegaan.


As kinders het ons nie ander aangehang en bewonder net omdat ander mense dit gedoen het nie. Dit was ‘n ongekende standaard. Jy het sulke dinge vir jouself uitgewerk.

Ons het geleef. Dit was genoeg. Ons was vry. Dit was genoeg.


Dit is steeds.


Toe ons jonk was het ons groot drome gehad. Ons het die drome gedroom en ons verbeel dat ons dit verwesenlik het. Party van ons doen dit steeds. Party van ons werk steeds in daardie rigting. Ons het nie die droom opgegee net omdat die wêreld mal is nie.


Die wêreld kan gerus leer wat ons weet. Ons hoef nie dít te leer waarin ‘n breingespoelde wêreld glo nie.


Eens toe ons kinders was, was ons vry en ons is dit steeds.

73 views

Recent Posts

See All

Daaglikse Woord

“En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak; om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis

Uit die Geskiedenis

Bloedrivier en die Gelofte. Andries Pretorius het in November 1838 in Natal aangekom en is as nuwe leier van die Voortrekkers aangewys. Met ‘n kommando van ongeveer 464 Voortrekkermans en 64 waens het

Die oorsprong van die Gelofte

Die woord “gelofte” beteken ‘n plegtige belofte waarby ‘n mens jou vrywillig teenoor God of ‘n hoër mag verbind om iets te doen of iets te laat; by baie volke ‘n besondere vorm van gebed, bv. in tyd v

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.