Genl. Gerrit Maritz

Salomon Gerhardus Maritz op 26 Julie 1876 in Kimberley gebore wat van hom ‘n Britse burger gemaak het. Hy was ‘n direkte afstammeling van die Voortrekker met dieselfde naam. Op negentienjarige ouderdom verhuis na Johannesburg en werk as ‘n huurmotorbestuurder. Met die Jameson-inval het hy as vrywillige by die Johannesburgse fort as wag ingeval. Op grond hiervan het hy burgerskap van die Z.A.R. gekry. Hy het by die Zuid-Afrikaansche Republiek Politie (ZARP) aangesluit.


Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy by die Boksburg-kommando aangesluit en daarna lid van Danie Theron se Verkennerkorps geword.


Met die Vrede van Vereeniging het hy geweier om die eed van getrouheid aan Brittanje af te lê en het in vrywillige ballingskap die land verlaat en in Angola en Europa rondgeswerf. Hy keer in 1906 terug na die land en in 1912 word hy majoor in die pasgestigte Unie-Verdedigingsmag.


Tydens sy opleiding in Bloemfontein besluit hy en genl. Jan Kemp dat hulle die eerste geleentheid sal gebruik om weer vir vryheid van die republieke te veg. So ernstig voel hy hieroor dat hy die volgende jaar die Duitse regering kontak om te verneem of hulle so ‘n poging sou ondersteun en van die nodige wapens sal voorsien. Dit was slegs ‘n informele gesprek en wat die Duitsers se antwoord ookal was, sou dit nie bindend gewees het nie.

Die volgende jaar bespreek hy sy planne met genl. Beyers oor die moontlikheid van ‘n staatsgreep. Die dood van De la Rey en bedanking van Beyers noodsaak hom egter om ander planne te beraam. Hy het wel met Smuts kontak gehou deur die bemiddeling van majoor B. Enslin. Smuts beveel hom om Duits-Suidwes binne te val, maar Maritz weier en vra sy ontslag. Smuts vertraag die ontslag terwyl hy troepeversterkings na Upington stuur. Daarop rebelleer en sluit Maritz ‘n ooreenkoms op 9 Oktober 1914 by Rooisvlei met die Duitsers waarin die onafhanklikheid van Suid-Afrika geproklameer is.


Maritz was ‘n emosionele en voortvarende man, maar sy vaderslandliefde was onbegrens wat aan hom ‘n doelgerigtheid gegee het wat merkwaardig was. Daar het baie gebeur wat belangrik is en sy ywer moet nooit onderskat word nie, maar uiteindelik moes hy swig vir die oormag. Eers op 15 Januarie 1915 word hy en sy troepe tot oorgawe gedwing. Self het Maritz egter nie oorgegee nie, maar na Duits-Suidwes en Angola, Portugal en Duitsland gevlug.


Eers in 1923 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en homself aan die polisie oorhandig. ‘n Jaar later is hy aan hoogverraad skuldig bevind en tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Daarvan het hy slegs drie maande uitgedien aangesien genl. Hertzog in die verkiesing vir Jan Smuts uit die saal gelig het.


Maritz was gedurende jare Dertig ‘n groot aanhanger van Duitsland en Hitler. In sy bekende werk My Lewe en Strewe skryf hy openlik oor die Joodse geldmag en hoe dit die wêreld beïnvloed. Die anti-Semitiese stellings in die boek het hom in die hof laat beland waar hy skuldig bevind is dat hy “rassehaat” stig en is met £75 beboet. Die boek was vir jare verbied.


Op 19 Desember 1940 is hy dood. Aanvanklik is vir sy familie gesê dat hy in ‘n noodlotige motorongeluk was. Maar volgens sy seun, Manie, bekende boer by Silkaatsnek, is hy deur regeringsmagte vermoor.


Volgens wat hy vertel het, het regeringsamptenare hom by sy huis kom besoek en hy is saam met hulle weg. Dit was die laaste keer wat hulle hom lewend gesien het. Dit was ook die jong Manie se onaangename taak om sy pa se lyk te gaan uitken. Volgens sy mening is sy pa met knuppels doodgeslaan.

71 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.