Geskiedenis van ons Taal II

Ook onbekende plante en iere moes name kry. So hoor ons van “Kaapse vy” en “Hottentotsvy.”


Sekere Khoiwoorde het ook in die taal gesluip, soos byvoorbeeld: boegoe, dagga, gogga, kwagga, en ander soos kierie, karos en abba, Belangrik om te onthou dat aangesien nie die Khoi of die San of selfs die latere swartes wat die vryburgers ontmoet het oor ‘n gestrewe taal beskik het nie, was dit die nedersetters en vryburgers wat die spelling van die woorde bepaal het.


Die Hollands van Van Riebeeck se mense en die wat na hulle gekom het, is beïnvloed deur ander Europese tale. Veral die invloed van die Franse Hugenote, Duitsers en die Engelse.

Die nedersetters was baie ver van hulle land. Daar het nie elke dag pos uit Holland gekom nie. Hulle het nie elke dag hulle taal gelees nie. Stadigaan het hulle begin verval om woorde anders uit te spreek as wat dit in Holland die geval was. Baie woorde het in die taal bygekom en baie ander het weer in onbruik verval.. Hulle was nie bewus van hierdie veranderinge nie, want niemand was daar om vir hulle te sê dat hulle besig was om anders te praat as wat hulle in Holland gepraat het nie. Die verskille het groter en groter geword en teen die jaar 1750 (bykans 100 jaar nadat Van Riebeeck se koms) was dit nie meer Hollands wat hulle gepraat het nie.


Hoewel die mense nog in Hollands geskryf het, het die gesproke taal al hoe meer van Hollands begin verskil.


‘n Taal word nie deur geleerde mense gemaak nie, maar deur die volk wat dit spreek. Daar is altyd ‘n verskil tussen die skryf- en spreektaal. Maar as die spreektaal verswak en oorgaan in nie-keurige skryftaal, staan die taal gevaar om onder te gaan.

81 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.