Is ons nog ‘n volk wat kan bou?

Updated: Sep 17, 2019

Kan ons as ‘n volk nog saamstaan en werk en opbou, of is ons reeds so materialisties ingestel en oorgeneem deur ‘n verbruikerskultuur wat ons vyande ryk maak, terwyl ons aangemoedig word om net te koop.


Kom ons kyk ‘n slag na ons voorgeslag en wat hulle alles opgebou het, polities, sosiaal en veral kultureel wat dit alles omvou.


In hulle soeke na vryheid is die volgende republieke tot stand totstandkoming van die verskillende Boere-republieke ‘n wonderwerk wat has nie herhaal kan word nie. Behalwe as ons vinnig ‘n ander lewensbeskouing aankweek.gebring:


Hierdie is net ‘n kort opsomming. Dit moet vermeld word dat waar daar grond van swart stamme bekom is, is dit gekoop of bekom deur beeste met ‘n vriendelike swart kaptein vir grond te verruil, of as vergoeding waar die Boere se hulp ingeroep is om gesteelde vee terug te kry, of ‘n viand te verslaan.


1) Republiek Potchefstroom-Winburg. Gestig 1838; suidelike gedeelte is in 1848 deur die Britte gekoloniseer; noordelike gedeelte is in 1852 by die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) geïnkorporeer.

2) Republiek Natalia. Gestig 1839. Einde Mei 1843 toe dit deur Britte beset is.

3) Republiek Orighstad. Gestig 1845. Einde Mei 1849 toe dit omvorm is na die Republiek Lydenburg.

4) Republiek Kliprivier. Gestig Januarie 1847. Einde September 1847 deur Brittanje geannekseer.

5) Republiek Zoutpansberg. Gestig 1848. Einde finaal by die ZAR geïnkorporeer in 1858.

6) Republiek Lydenburg. Gestig 1849. Einde finaal by die ZAR geïnkorporeer in 1860.

7. Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), Transvaal. Gestig 1852. Aan die einde van die Tweede Anglo-Boereoorlog deur die Britte in 1902 geannekseer.

8) Republiek Oranje-Vrystaat. Gestig 1854. Einde 1902 en die laaste Boererepubliek wat in 1902 deur die Britte geannekseer is.

9) Republiek Utrecht. Gestig 1855. In 1858 is dit by Lydenburg ingelyf en is dus saam met lg. by die ZAR in 1860 geïnkorporeer.

10) Republiek Het Land Goosen. Gestig 1882-1885 toe die Britte groot gedeeltes geannekseer het. Die oostelike gedeelte is reeds in 1884 by die ZAR ingelyf ooreenkomstig die bepalings van die Londense Konvensie tussen Brittanje en die ZAR.

11) Republiek Stellaland. Gestig 1883-1885 toe die Britte groot gedeeltes geannekseer het. Die oostelike gedeelte is reeds in 1884 by die ZAR ingelyf ooreenkomstig die bepalings van die Londense Konvensie tussen Brittanje en die ZAR.

12) Republiek Vryheid. Gestig 1884-1888 toe dit by die ZAR ingelyf is.

13) Republiek Klein Vrystaat. Gestig 1886-1891 toe dit by die ZAR ingelyf is.

Soos uit die voorafgaande gesien kan word, het slegs die ZAR en die Oranje-Vrystaat die aanslae oorleef. Met die Zandrivierkonvensie in 1852 het die Britte die onafhanklikheid van die ZAR erken. Onafhanklikheid is aan die Vrystaat verleen met die Konvensie van Bloemfontein in 1854.


Steeds het die republieke bomenslike uitdagings gehad. Die Mfecane is deur die Groot Trek beëindig. Sekere swart hoofmanne het nou hulle weg oopgesien om die Boere die stryd aan te sê oor gronddispute, waarin hulle vorige ooreenkomste verbreek het. Een so ’n geval was die Pedi-hoofman, Sekhukune, wat nie die ooreenkoms tussen die Boere en sy pa Sekwati wou erken nie. Die Boere het ook steeds’n tekort aan ammunisie ondervind, te wyte aan die optrede van die Britte wat sedert die Groot Trek volgehou is, ’n doelbewuste poging om hulle weerloos teen vyande te laat.


Ook die Basoetoe-kaptein Mosjejs in Thaba Bosigo in Basoetoeland het aansienlike militêre sukses teen die Britte in die vroeë 1850’s behaal. Met die onafhanklikheid van die Republiek van die Oranje-Vrystaat het hy een van die grootste uitdagings geword. Vir jare het sy Basoetoes oor die grens gekom, grond beset en eiendom vernietig, totdat oorlog die enigste antwoord was. Teen 1866 het die Boere daarin geslaag om hom na sy onherbergsame landstreek terug te jaag.


Maar armoede was die grootste probleem waarmee die twee jong republieke te kampe gehad het. Beide is in groot armoede gestig. Hulle het nie ’n eie hawe gehad wat oorsese handel moontlik gemaak het nie. Byna al die Boere in die republieke was landbouers, daar was geen industrialisasie nie. En beide het in ’n wildernis ontstaan waar daar niks was nie. Daar was geen huise, geboue, paaie, spoorweë, brûe, fabrieke, skole, universiteite, hospitale, telegraafstelsels of media nie. Niks nie. Elke vorm van ontwikkeling en infrastruktuur moes van die grond af opgebou word. En die staat se koffers was leeg.


Die vraag is steeds. Kan ons as ‘n volk nog saamwerk en bou aan ‘n ideaal?

0 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.