Is ons opvoedingstandaard werklik so goed?

Met al die onluste in die land en die verwoesting van universiteite deur analfabete, aangehits deur ander barbare, ontstaan die vraag of hoёr opleiding werklik nog ‘n doel dien en of universiteite in soverre dit blankes aangaan, nie net fabrieke vir hensoppers is nie.

Die doel is nie om hoёr opvoeding af te takel nie, dit is nog altyd deur die eeue as ‘n kosbare prerogatief vir beskaafde mense gesien. Maar dan was die doel van hoёr opvoeding ook bedoel as ‘n instrument wat die Christelike Westerse Beskawing moes bevorder en nie te vernietig nie.


Daarom die vraag. Hoeveel belangstelling is daar nog om geleerdheid vir die opheffing van die volk te gebruik?


Soos alles in die land, daal opvoedingstandaarde en grade wat aan die universiteite verwerf word, geniet al hoe minder erkenning in die buiteland.


Terwyl die toelating tot universiteite jaarliks verslap word en kinders op skool nie meer mag druip nie, is dit baie interessant om te sien watter onderwysuitdagings ons voorgeslag gehad het.


Dit is bekend dat daar gedurende die Groot Trek nie juis onderwysers was om van te praat nie en na die Trek was die volk meeste van die tyd uitgelewer aan Hollandse matrose wat handjie bygesit het om die kinders te leer lees en skryf. En tog het van daardie kinders wat wou, goed presteer aan oorsese universiteite. Dink byvoorbeeld aan dr. A.G. Visser, Eugene Marais, die Van Warmeloo-broers en soveel ander wat met ‘n toelatingseksamen in Die Nederlande, Duitsland en Engeland hulle professioneel bekwaam het.


‘n Goeie idee van hoe goed die opvoeding by die Staatsgymnasium in Pretoria was, word beskryf deur dr.C.A.R. Schulenburg wat in 1895 by die instansie gestudeer het. Die Gimnasium, (eintlik ‘n hoёr skool) het twee afdelings aangebied.


Afdeling A met ou en moderne tale as hoofvakke, moes die volgende tale bestudeer word: Grieks, Latyn, Hollands, Engels, Frans en Duits.


Afdeling B (Realgymnasium) met wetenskappe en moderne tale as hoofvakke. Sewe van die 16 personeellede het doktorsgrade gehad en Anton van Wouw en Frans Oerder het tegniese tekeninge aangebied. Een van die studente wat Afdeling B gevolg het, was die latere genl. J.C.G. Kemp.


Uit ‘n wildernis het die Boere ‘n beskawing geskep. Die Pretoria Openbare Biblioteek het reeds in 1886 sy deure oopgemaak, in 1890 is die Raadsaal op Kerkplein gebou en die hoeksteen van die Volkshospitaal deur Pres. S.J. P. Kruger gelê. Gruwelik, vandag dra daardie geskiedkundige gebou die naam van die terroris, Steve Biko. Twee jaar later is Pretoria deur elektriese ligte verlig en in 1894 het die Staatsdrukkery tot stand gekom. Verder was daar debatsverenigings en musiekaande om die kultuur lewend te hou.

Die Westerse Beskawing moet daagliks aan gebou word. Dit was nog altyd ‘n brose tuin in ‘n getalryke barbaarse wêreld. En as ons net daarop teer dan gaan ons dit verteer. Want beskawing is nie iets wat op sy eie momentum voorstu nie. Dit kos mannemoed en deursettingsvemoё om dit gedurig op te bou.


Soos ons reeds kan sien het Pretoria reeds in 1892 elektrisiteit gehad. Twintig jaar na die oorname van die ANC het ons met beurtkrag begin en die absolute sekerheid dat iewers gaan dit alles in duie stort.


Het ons die wil en die kennis om weer van die grond af te begin bou?

0 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.