Menseregte net ‘n pad na sosialisme en verval.

Ofskoon Santayana (1863-1952) gesê het hy wat die lesse van die geskiedenis vergeet is gedoem om dit weer te beleef, is die algemene stelling vandag dat ons niks uit die geskiedenis leer nie. Indien dit korrek is, is dit twyfelagtig of die spesie homo sapiens nog ‘n lewenskragtige vorm van lewe is.


Maar solank as wat die suspisie bestaan dat die stelling ‘n siniese snaaksigheid is, sal intelligente mense altyd die geskiedenis bestudeer as ‘n gids vir die toekoms.


Een van die minder bekende feite aangaande die val van die Romeinse Ryk, is dat dit onder Nerva (96-98n.C.) ‘n welsynstaat was waarin die regering verantwoordelikheid vir al die kinders in Italiё geneem het. Die regering het nie alleen (a) alle arm kinders gevoed nie, maar ook gepoog om (b) die landbouprobleem aan te spreek deur grond teen ‘n lae rentekoers beskikbaar te stel en sodoende (c) werkskepping in afgeleё plekke te stimuleer waardeur welvaart vir die (d) diensverskaffende munisipaliteite geskep kon word en mense (e) aangemoedig word om meer kinders te hê, aangesien (a) na die opvoeding van die kinders omgesien sou word, indien hulle sou sterf.


Hierdie plan was nie net uniek nie, maar ook uitvoerbaar. Ook was dit goed geadminstreer tussen die sentrale en plaaslike regerings. Dit wil ook voorkom asof die Romeinse burokrate, anders as hier by ons, eerlik en hardwerkend was.


Hierdie plan het vir 175 jaar gewerk totdat die fondse deur die groot monetêre inflasie en gevolglike katastrofes in die Derde Eeu uitgewis is.


Maar in werklikheid was die plan tot mislukking gedoem. In sy The Education of a Conservative (Londinium Press, bl 179) skryf prof. R.P. Oliver die volgende: Governmental support for hundreds of thousands Italians, without requiring from them any tangible service, made it clear to them that they had rights on which they could insist , but taught nothing of commensurate duties.


Paternalistic government merely created a social and political irresponsibility based on an arrogant and childish belief in rights and confidence in immunity to danger.


Die netto-effek van ‘n nasie wat onverantwoordelik en nie lewenskragtig was nie, was uitwissing aan die hand van barbare.


Afgesien van demokrasie is en bly ‘n welsynstaat in wese ‘n totalitêre despotisme wat onverantwoordelikheid en luiheid aanmoedig.


Die ekonomiese prys van ‘n welsystaat is vernietigende belastings.


Die sosiale prys is nasionale selfmoord.


Die Romeinse tragedie het teen die einde van die Vyfde Eeu geёindig toe die Ryk, behalwe vir dít wat onder die regering van Konstantinopel gestaan het, deur die “barbare” verower en ontbind is.


Hierdie era is in die mooiste prosa beskryf deur Edward Gibbon in sy Decline and Fall.

15 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.