Nuwe woord vir Apartheid is: “No go zone.”

Kultuurkonflik tussen verskillende groepe is onvermydelik. Daarmee saam is ook die verskille in opvoedings- en ontwikkelingsvlakke van groepe wat meeding op ‘n gegewe plek.


Soos die spreekwoord sê: “Soort soek soort.” In Suid-Afrika met sy komplekse volke en diverse kulture is die probleem opgelos deur ‘n beleid van segregasie wat deur die Engelse kolonialiste in die Kaap begin is en deur Cecil John Rhodes in wetgewing beliggaam is, toe hy kleurlinge en swart rasse verbied het om grond tussen blankes te besit. (Sien die Memorandum van die Volksraad 2016)


Hierdie beleid van segregasie is deur die Nasionale Party wat sedert 1948 aan bewind was in die land totdat hulle in die jare negentig gekapituleer het, herdoop tot Apartheid met die uitdruklike bedoeling dat dit vreedsame naasbestaan beteken. Die stelsel het goed gewerk aangesien blankes teen die gewelddadigheid van swartes beskerm is en die swartes weer teen uitbuiting van veral buitelandse geldmagte.


Die Afrikanervolk het hierdie land opgebou tot die juweel in Afrika. Die land was stabiel en het groot beleggings van oorsee getrek. Teen die jare tagtig het die Apartheidsbeleid begin vrugte afwerp en was daar meer swartes in die tuislande as in die Republiek wat danksy grensnywerhede en eie opvoedingstelsels nie nodig gehad het om buite hulle landsgrense te werk nie.


Maar van die begin af was die binnelandse “jingo”-pers en later die Afrikaner hanskakie-pers teen hierdie wenresep gekant. En gepaard met die vyandigheid van die oorsese media en verraderlike binnelandse politici, is die land tot oorgawe gedwing tot ‘n een-man-een-stem-verkiesing wat ons in ‘n katastrofiese kakistokrasie beland het.


Die ironie is dat nou dat die enigste werkbare oplossing van vreedsame naasbestaan hier vernietig is, begin die oorsese propagandiste wat luidkeels teen Apartheid in Suid-Afrika geskree en betoog het, dit aan hulle eie basse voel.


Dit word natuurlik nie Apartheid genoem nie, maar ‘n “no go zone,” in die moderne “new speak” van George Orwell. Die media lieg en vertel dieselfde storie wat ons hier ook hoor, dat die probleme wat in ‘n “no go zone” is, te wyte is aan die feit dat dit armoede, dwelms en misdaad is. Presies dieselfde redes wat vir ons opgedis word omdat die politici en media ontken dat daar ‘n beplande volksmoord aan die gang is.

‘n Amerikaanse joernalis, Raheem Kassam het ‘n boek geskryf waarin hy die waarheid vertel van wat in hierdie “no go zones” aangaan, en wat die westerse regerings verkies om hulle oё voor te sluit.

Hy openbaar die feit dat in talle woonbuurte in San Bernadino, Kaliforniё, Michigan in Amerika tot in Swede, London, Duitsland en Frankryk word Christene verdryf en is die Islamgeloof en wette die enigste wat eerbiedig word.


Selfs die linkse Angela Merkel van Duitsland moes in 2018 die bestaan van hierdie woonbuurte erken en die probleme wat daarmee gepaard gaan, onder andere dat die polisie nie daar mag ingaan nie, veelwywery, seksuele molestering en – verminking wat aan die orde van die dag is en ‘n totale minagting vir die geregshowe en die aandrang dat hulle die wette van hulle geloof sal gehoorsaam.


My vraag is net: Hoe verskil hierdie houding van vreemde etniese groepe wat op die lewenswyse en kultuur van die gasland parasiteer van Apartheid? Daar is nie ‘n duideliker uitlewing en bewys van Apartheid as wat daagliks in die hoogs ontwikkelde westerse wêrelde gesien word nie. Hulle mag glo dat dit diversiteit is, maar stadigaan word dit duidelik dat die nuwe immigrante nie van plan is om deel te word van hulle kultuur nie; hulle wil apart wees en hulle gewoontes handhaaf.


Hierdie “no go zones” word doodgeswyg, want eintlik het dit reeds ‘n naam.

Hulle is net te bang en lafhartig om die ding op sy naam te noem. Apartheid vir vreemdsame naasbestaan.


Die Redakteur.

330 views4 comments

Recent Posts

See All

Daaglikse Woord

“En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak; om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis

Uit die Geskiedenis

Bloedrivier en die Gelofte. Andries Pretorius het in November 1838 in Natal aangekom en is as nuwe leier van die Voortrekkers aangewys. Met ‘n kommando van ongeveer 464 Voortrekkermans en 64 waens het

Die oorsprong van die Gelofte

Die woord “gelofte” beteken ‘n plegtige belofte waarby ‘n mens jou vrywillig teenoor God of ‘n hoër mag verbind om iets te doen of iets te laat; by baie volke ‘n besondere vorm van gebed, bv. in tyd v

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.