Protes en Morele Verontwaardiging.

Suid-Afrika word geteister deur protesoptogte. Woedende skares betoog, verbrand en vandaliseer byna op ‘n daaglikse basis iewers in die land. In Afrika moet die protes gesien word vir wat dit is. Net nog ‘n barbaarse bloedsport waar die rede vir die protes, van broodpryse tot treine wat nie betyds is nie (omdat dit die vorige dag afgebrand is), eintlik net ‘n rede is weer alles vir die “sports” te ontwrig.


Wanneer na die protesoptogte in byvoorbeeld Kataloniё, Frankryk en elders in Europa gekyk word, is dit ‘n ander boodskap wat uitgestuur word. Die mense protesteer want hulle gevoel van regverdigheid is aangetas of hulle meen hulle word uitgebuit en maak hulle stemme dik. In Kataloniё is die mense verontwaardig oor die onregverdige strawwe wat hulle leiers gekry het en in ander Europese lande is die boere verontwaardig oor die wyse waarop hulle en hulle harde werk geminag word.


Daardie proteste verskil dus drasties van dit waarmee ons te kampe het en daarom is daar in verskeie vorige artikels gewys op die belangrikheid van morele verontwaardigheid as ‘n bindende faktor in ‘n volk.


Heel eerstens moet dit beklemtoon word dat morele verontwaardigheid het nie ‘n element van hoofvaardigheid in nie. ‘n Tipe van “ek is beter as jy nie.” Dit gaan nie oor die besit van die morele hoё grond nie, maar oor die feit dat ek in die diepste van my menswees aangetas en seergemaak is en ek sal dit nie ligtelik aanvaar nie en luidkeels daarteen beswaar maak.


‘n Goeie verduideliking van hoe en hoekom morele verontwaardiging belangrik is, kom uit die onderstaande verduideliking van dr. R.P. Oliver in The Education of a Conservative.

“Fundamenteel verwys morele verontwaardiging na ‘n rasionele aanvaarding van die noodsaaklikheid om die konsensus waarop ‘n gemeenskap gebou is, te bewaar. Die norme en optrede wat as vanselfsprekend aanvaar word en slegs gedeeltelik in die wetboeke gedefinieer is, én dus minder bindend is.


“Aangesien die term “wet” dubbelsinnig is, en deesdae slegs op wetgewing betrekking het, is die beste woord vir die binding van ‘n gemeenskap se morele grondslag, nomos.

“Sodra die konsensus deur verraad en onnoselheid vernietig word is die resultaat anomie, wat in Frans ‘sonder reëls of maatskaplike wette’ beteken.


“Anomie as sosiale disfunksie, is nie dieselfde as anargie nie. Anargie ontstaan wanneer daar nie leiers, hiërargie of bevel is nie. Anomie ontstaan weens ‘n gebrek aan reëls, struktuur en organisasie. Dus, bly nomos altyd die geskrewe en ongeskrewe wette waaraan ‘n maatskappy onderworpe is en is dit die fondament waarop ‘n geordende gemeenskap vir sy voortbestaan moet rus.


“Wanneer dié fondament deur subversie verskuif word, verval die gemeenskap; presies soos wanneer ‘n gebou sal tuimel as sy fondament verskuif of vernietig word.

Dit verval in ‘n chaotiese hoop; bestaande uit ‘n horde verwilderde individue wat geen instink tot selfbehoud of -bewaring meer het nie.”


Die aandgloor van ‘n vervalle Christelike Westerse Beskawing is op die horison, en nêrens is daar ‘n teken dat die blankes hulle uit hulle verstarrende anomie kan losruk nie.

0 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.