Weerstand teen die De Klerk-regering 1990.

Die groot grief van diegene wat teen die NSA was, was nie die verlies van ‘n bevoorregte posisie nie; dit was die verlies aan selfbeskikking van die Boere-Afrikanervolk wat hulle ongelukkig gemaak het. Dit was nie ‘n wen-wen situasie nie, die ANC het alles weggeneem en die Boere het hulle outonomiteit na jare se baklei, nou verloor.


Generasies wat ongekende angs en verlies aan die Oos-Kaap sedert die 1780;s in die gesig moes staar; die angs van Vegkop, die trimofantlike oorwinning in die Transvaal, die verraderlike wrede moord in Umgungundhlovo; die verminkte lyke van vrouens en kinders in Natal; die seёn van die oorwinning by Bloedrivier na die Gelofte, die vele ooreenkomste met swart kapteins om grond wettig te bekom waarop die Boererepublieke gestig is; die oorwinning van Majuba, dei tragedie van duisende vrouens en kinders wat in die konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boeroorlog in ‘n volksmoord gesterf het. Die bloedsweet wat dit geneem het om die ontsettende armoede in die eerste helfte van die vorige eeu te bowe te kom, die bykans ongeloofloke geld en moeite wat spandeer is aan swart bemagtiging en onafhanklikheid gedurende Apartheid; die jong seuns wat gedood en vermink is tydens die Grensoorlog – dit alles, die opoffering van geslagte is weggevee gedurende die vier kort jaar van De Klerk se bewind.


Hoewel hierdie gebeure dekades vooruit gesien is, was dit bykans onmoontlik vir die Boere-Afrikaner wat dit sien kom het, om wettig die saak te beveg. Die NP het meer as net die gewone mag gehad as waaroor die regerende partye gewoonlik beskik; hulle het oor genoeg fondse beskik; hulle leiers het streng bande met die hoofstroommedia gehad, die regering het die staatsmedia met ‘n ystervuis beheer en was die Siamesiese tweeling van die Afrikaner Broederbond.- ‘n geheime organisasie wie se lede bestaan het uit die mees invloedryke figure en elke sektor van die regering, staatsdiens en Afrikaanse gemeenskap dwarsdeur die land – van die kleinste plattelandse gehuggie tot in die groot stede beheer het.


Ondanks hierdie wurggreep wat enige poging tot sukses deur die opposisie gestriem het, het die De Klerk-regering in1990 die eerste dade van geweld aan die kant van die Boere-Afrikaner gesien toe hy die ANC in daardie jaar ontban het.


Afgesien van geïsoleerde gevalle waarin bomme ontplof is, is die saad gesaai vir groter weerstand. Op 26 Mei 1990 het die grootste saamtrek van blankes in die geskiedenis van die land plaasgevind onder die vaandels van die KP, HNP en AWB waarin hulle De Klerk verwerp het.


Tydens ‘n kongres van die Transvaalse Landbou-unie later die jaar, het van die lede hulle sterk teen die regering se landbou-beleid uitgespreek. Die Adjunk-Minister van Landbou is uitgenooi om ‘n toespraak te hou, maar hy en sy handlangers het vinnig die kongres verlaat nadat die boere van die vloer af die regering aangeval het. Hieruit is nuwe organisasie geboere, die Boere Krisis Aksie.


Slegs ‘n paar maande later het die boere ‘n hoogs suksesvolle aksie met militêre presisie geloods wat die regering en die sekuriteitsdienste tot in hulle sokkies geskok het. In protes teen De Klerk waarin hulle gesê het dat hy moet aandag gee aan hulle besware, het ongeveer 30 000 boere opgeruk na Pretoria en die middestad “beleёr” met swaar voertuie en allerhande ander plaasimplemente gedurende Januarie 1991.


Die beleg het die gebruik van die middestad se strate vir ander voertuie vir slegs sowat twee dae verhoed en het sonder enige vorm van intimidasie, geweld of vernietiging van eiendom plaasgevind. Nietemin was honderde boere gearresteer en moes van hull selfs aanrandings en ander vorme van brutaliteit deur De Klerk se polisie verduur.


Bron: Memorandum van die Volksraad 2016

0 views

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.