Westerse barbarisme.

Die vernietiging van ons land wat daagliks gesien kan word, geskied presies op dieselfde manier as wat die groot Griekse historikus Thucidides (460v.C.- 400 v.C.) die gebeure tydens die Peloponnesiese Oorlog beskryf het toe hy gesê het: “They create a wilderness and call it peace.”


Die Negentiende Eeu met sy tegniese ontwikkeling veral op die gebied van wapentuig, het vir die Weste ‘n sekerheid van sy militêre gesag gebring. Danksy hierdie militêre heerskappy het die Westeling begin glo dat hy die wêreld vir ewig kon regeer.


En uit hierdie sekerheid het ‘n wilde kranksinnigheid na vore getree, nl: dat vooruitgang outomaties en vanselfsprekend is, dat beskawing, pleks van ‘n breekbare en kosbare skepping waaraan baie hard gewerk moet word om dit te bly handhaaf, en nog harder gewerk moet word om dit voort te sit; dat dit vanself vir ewig kan voortbestaan en dat dit vanself sal verbeter. Dat die punt op die grafiek wat nou die hoogste gestaan het sedert die Antieke Tyd, vanself net hoёr en hoёr sou klim.


In ons land kan ons sien dat dit nie die geval is nie en hoe vinnig kan alles wat goed en mooi is verval as dit in die verkeerde hande beland. Hoewel dít wat hier gebeur is nie nuut nie. Die “grafte” van gestorwe beskawings en vergete stede lê verstrooi oor die aarde en die kommerwekkende is dat waar daar getuienis van is, het hierdie beskawings en stede wees innerlike verval ten gronde gegaan.


Die Weste was nog altyd ‘n klein opening in ‘n groot wildernis. Met elke uur van sy bestaan was hy omring deur die barbaarse wêreld; groot, getalryk, brutaal, geduldig, ewig en onverstoord.


Die nomade van die woestyn het net gegrynslag en gewag terwyl die Masedoniese falanks en die Romeinse legioen en die Britse regimente oor die ruïnes van Nineveh die vergetelheid in marsjeer het. Maar pynliker is die barbarisme wat in die westerling self setel.

Dit was die mede-burgers van Sophocles en Sokrates wat vir die vernietiging van Mitylene gestem het. Gedurende die Dertigjarige Oorlog was dit die burgers van die mees verligte nasies van Europa wat heen en weer marsjeer het en vernietiging oor en weer geskep het.

Netso pynlik is die wete dat die onbeskaafde altyd midde-in ons sorgvuldig gekose instansies is en dat dar geen manier is waarop hulle kan uitgehou word nie. En hierdie is nie ‘n beskrywing van die hedendaagse Suid-Afrika nie, maar van hoe sake in die jare tagtig daaruit gesien het.


Onbesproke agtergrond, sosiale stand, demokratiese seleksie, akademiese opvoeding is alles pogings wat nie die toets van die tyd weerstaan het nie. En vandag in die akademiese optogte van Harvard tot by Stellenbosch, Pretoria en Johannesburg, geklee in die regalia van geletterdes, loop Doctores Philosophiae, ongeag hulle kleur, ras of geloof, wie se spirituele tuiste ‘n modderhut of ‘n bloedbevlekte tent is. Die feit is dat barbarisme ‘n natuurlike staat by die mens is.


Soos in ‘n vorige artikel geskryf is, het die eeste tekens van beskawing minder as 6 000 jaar gelede verskyn. En binne elke beskawing het daar altyd massas geleef wat dit slegs as ‘n uiterlike roetine geken het.


Die hoof- en snelweё van ons groot stede is daagliks gevul met miljoene wat soveel van beskawing weet as ‘n sirkusdier wat toertjies doen vir ‘n betalende gehoor.


En wat seker is, is dat as daar net op die beskawing geteer word, dan gaan dit verteer word.

175 views1 comment

Volksraad Verkiesing Kommissie

© Copyright: VVK
No part of this website may be reproduced or transmitted in any form or by any means, 
electronic or mechanical, including photocopying, recording or by any information storage and retrieval system, without written premission in writing from the VVK.